Dr. Johan Myburg: singewing en grensverskuiwende denke oor ouer word

Is alle mense bo 65 één ouderdom: oud? Behels ouer word die een verlies op die ander, of is dit ‘n terrein wat ons vars kan verken? Dr. Johan Myburg praat oor vooropgestelde idees, hoe om jou beeld van jouself en jou werklikheid oop-oog te benader, sinvolle gesprekke en “aanhou beweeg en geraas maak.” Inhoud geborg.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Johan en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 143 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels dr. Johan Myburg - digter, kunskenner, joernalis en mede-redakteur van Plus 50 tydskrif - oor

  • hoe Shifting Conversations about Ageing ontstaan het

  • die opvatting dat alle ouer mense eenders dink en doen 

  • hoe elkeen van ons betekenis gee aan dit wat ons beleef

  • die storie van ingenieur Jansen, Andries die robot, en die definisie van liefde

  • die rol wat woorde speel wanneer ons sin maak van ons bestaan

  • wat die visuele tot ons lewe bydra

  • wat musiek in ons wakker maak

  • die verkenning en verfyning van die kuns van ouer word

  • Johan se proefskrif: “Deconstructing Identity in a Landscape of Ideology, Belief, Culture and Power”

  • of jou identiteit kan verander en hoe ideologie, geloofsoortuigings, kultuur en ‘n magspel dit kan beïnvloed

  • kernidentiteit (core identity) teenoor diskursiewe identiteit (discursive identity)

  • wat local knowledges behels 

  • soepel denke en om uitkomste “‘n bietjie kan te uitstel”

  • die fyn balans tussen die aanvaarding van die onvermydelike en aktiewe betrokkenheid.

In hierdie episode noem Johan dr. Melodie de Jager, ‘n verhaal uit Een en twintig deur Jan Rabie, dekonstruksieteorie en die Amerikaanse digters Walt Whitman en Louise Glück.

Rol af om meer oor Johan te wete te kom en vir die teks van die gedig wat hy voorgelees het.


Shifting Conversations about Ageing is ‘n inisiatief van die Mind Moves® Institute.


How do you transition from the world of work to meaningful retirement? Rewire to Retire programme director Suzette Serfontein shares her insights.


Die gedig wat Johan voorlees:

6

Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. Met ’n boel bagasie
rondom my gesprei, wat mettertyd gedy het en nie meer
in koffers pas nie. Dié berg ek in geruite China bags wat
tot barstens toe bult, bly ooppeul, by die nate verweer
en rafel. Deur die plastiekmaas lek plek-plek wie ek is,
al die eienskappe wat my op die oog af konstitueer:
wit, man, nie eens meer middeljarig nie, bloot net oud,
op my tong my liewe gutturale taal waarin ek leer
praat het, jare gelede in ’n dorp waarvan die naam nog
net op papier bestaan. In sakke, gemaak vir migreer,
skuil my familie se geskiedenis, my afkoms – ingebed
in stoere geloof – my kultuur wat ek soms wil negeer
dalk omdat dit my soos ’n handskoen pas, die vergrype
van die verlede wat die lewe van soveel mense geruïneer
het, die vergissings van die hede. Dis g’n land vir ’n ou man
dié, nog minder vir een met só ’n pakkaas. Sal ek probeer
pluk aan die spul, poog om dit belyn te kry vir ’n beplande
vaart? Ek voel Bisantium wink – die wil om nie te stagneer
nie. Hier sal ek bly staan, solank ek voortdurend kan bedink
hoe ánders om vreemdheid as die voorhande te formuleer.

 Uit: Uittogboek (Protea Boekhuis, 2017)


Here’s Prof. Jaco Hoffman’s take on retirement, ageism and intergenerational programming.


Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele of fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!


Meer oor dr. Johan Myburg

Dr. Johan Myburg is ‘n bekroonde digter, kunskenner, joernalis en die mede-redakteur van Plus 50 tydskrif. Hy het in die filosofie, sielkunde, teologie en visuele kunste gestudeer. Johan het onder meer die Hertzogprys vir poësie verower. Hy lewer gereelde bydraes oor internasionale letterkunde vir RSG se program Skrywers en boeke. Johan woon en werk in Johannesburg.

 

Die weeklikse podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op Spotify, Player FM, Apple Podcasts, Google podcasts, Pocket Casts and Iono.fm beskikbaar. Teken gerus in - dis gratis!


Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Unsplash. Model gebruik

Foto van dr. Johan Myburg: verskaf

Previous
Previous

How to help your animals deal with crime issues

Next
Next

My son has Tourette’s: a parent’s journey