đ§Johan Allers: stories & prentjies, ouer word en âdie saligmakerâ
Nuusman Johan Allers gesels oor jeugdige naĂŻwiteit, die Groot Storie waaraan hy soveel lewensenergie gewy het, sy werk in 54 lande en die ervaring van âinmekaarstort, uitbrand en byna selfvernietig.â Hy praat oor die skok van ouer word en die fragiliteit van menswees - en wat dit beteken om saggies te loop.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Johan en Mariette te luister.
In episode 183 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels uitsaaijoernalis Johan Allers oor
wat agter Johan se liefde vir âstories vertelâ skuil
hoekom hy in die jare tagtig sy loopbaan by die SAUK opgesĂȘ het om na Europa te emigreer
wat Johan aanvanklik alles gedoen het om finansieel in die vreemde te kon oorleef
die 15 jaar waartydens Johan in 54 lande gewerk het
die âGroot Storieâ waaraan Johan soveel tyd en lewensenergie gewy het
Johan se ervaring van âinmekaarstort, uitbrand en byna selfvernietigâ
wat by die psigiater gebeur het
angsaanvalle, self-isolasie, praat en herstel
die betekenis van âsaggies loopâ
ouer word, aftrede en âbomskokâ
spesifieke vrese wat ouer word wek
die âsaligmakerâ
die mooiste omtrent oudword.
In hierdie episode noem Johan die boek Emotional Intelligence deur Daniel Goleman.
Nota vir katliefhebbers: die kat wat in die agtergrond saamgesels, se naam is Josephine.
Rol af vir meer inligting oor Johan.
Lees ook ân persoonlike artikel waar Johan skryf oor ân ma wat kinderkoppies streel, wie minder lieg, en verwondering.
Klik op âHomeâ hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!
Hoe ân menigte mense Johan onthou (foto verskaf)
Meer oor Johan
Johan Allers is ân radio- en TV-joernalis, TV-programmaker, skrywer en podsendingsvervaardiger wat veral oor nuus en aktualiteitsgebeure berig, maar hom nie slegs daarop toespits nie. Talle Suid-Afrikaners onthou hom as die SAUK/SABC se buitelandse korrespondent, âons man in die buiteland.â Johan is afgetree en woon in Amsterdam, Nederland.
YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/@JohanAllers
Besoek Alles Afrikaans op Facebook vir (onder meer) voorlesings deur Johan.
Kyk gerus na Johan se YouTube-onderhoud met Mariette: âMaak jou eie potgooi en meer met Mariette Snymanâ
Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Fotoâs van Johan Allers: verskaf