Leon van Nierop: Hoe flieks en TV-reekse ons raak

Is rolprentresensent en skrywer Leon van Nierop ‘n sensitiewe kyker - of nie? Hy praat oor sy rol as resensent of “tussenganger”, die vloektaal, geweld en eksplisiete tonele wat kykers moet verwerk, oor genres, preutsheid en vraatkyk. Hy verduidelik hoe rolprente van TV-reekse verskil, hoe hy kies waarna hy kyk en gee sy definisie van ‘n goeie film.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Leon en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 141 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat rolprentkenner en skrywer Leon van Nierop oor

  • sy boeke Duiwelsroos en Druk Speel asook sy dokumentêre reeks Daar doer in die fliek  

  • hoe hy as kind by “bioskoop” betrokke geraak het  

  • of fliek vir Leon vermaak is, of werk

  • hoe hy kies waarna hy kyk

  • of hy ‘n sensitiewe kyker is

  • ‘n onrusbarende verskynsel in hedendaagse Amerikaanse rolprente

  • of kykers “preuts” moet wees

  • die definisie van ‘n goeie film

  • die grootste film wat Leon ooit gesien het

  • hoe superheld-films deesdae vaar

  • Leon se 3 wenke oor hoe om in die vermaaklikheidswêreld te oorleef.

    In dié episode noem Leon Blindelings, Ballade van ‘n enkeling, Donkerbos, Nico Scheepers, Daar doer in die bosveld, Oppenheimer, Barbie, Mission Impossible, Boetie Boer, Ingmar Bergman, Clockwork Orange, Persona, Zabriskie Point, Die Brug, Days of Wine and Roses, Leaving Las Vegas, Damage, 50 Shades of Grey, Devils Dorp, Quentin Tarantino, Wonderlus, 2001: A Space Odyssey, Game of Thrones, Downton Abbey, Lawrence of Arabia, Lord of the Rings, Killers of the Flower Moon, Nosferatu, Psycho, Halloween, The Shining, Five nights at Freddy’s, film noir, die CGI-tegniek, The Matrix, Thor, The Avengers, Cat Person, Katinka Heyns se Paljas, Anlie Janse van Rensburg, Anatomy of a Fall, Knives Out, Agatha Christie, Murder on the Orient Express, Kenneth Branagh, NB Uitgewers, Anthony Hopkins, Anthony Perkins en die skilder Portchie. 

    Die jongste 5 episodes van Daar doer in die fliek wys vanaf Sondag 5 November om 21h00 op kykNET. (Leon se boek Daar doer in die fliek het by Protea Boekhuis verskyn.) 

Skaf Leon se boeke aan:

voorblad-van-druk-speel

Druk speel kan bestel word by https://lapa.co.za/druk-speel-filmstudieboek of as eboek by

https://lapa.co.za/druk-speel-eboek

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele of fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Meer oor Leon

Leon van Nierop is ‘n topverkoperskrywer, rolprentresensent, vryskutjoernalis, dosent, radio-omroeper, TV-aanbieder en vervaardiger van Johannesburg.


Die weeklikse podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op Spotify, Player FM, Apple Podcasts, Google podcasts, Pocket Casts and Iono.fm beskikbaar. Teken gerus in - dis gratis!

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Foto: Unsplash. Model gebruik

Foto van Leon van Nierop: Elske Kritzinger

Previous
Previous

My son has Tourette’s: a parent’s journey

Next
Next

Shifting Conversations about Ageing: retirement, ageism and intergenerational programming