Só kan jy in moeilike omstandighede floreer

Een ding wat vas staan, is dat niks bly soos dit is nie – veral wanneer ‘n pandemie die wêreld tref. Die meeste van ons moes emosionele, finansiële, gesondheidsverwante of ander terugslae die hoof bied en probeer steeds ons balans herwin. Wat bepaal of ons weer en weer opstaan, of bly lê? Ilse Salzwedel gesels oor Floreer, ‘n praktiese gids met aangrypende verhale en duidelike riglyne oor hoe om ‘n betroubare hulpbron te ontwikkel: veerkragtigheid.

Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Ilse en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.


In ep. 13 van die weeklikse reeks, Calm, Clear & Helpful, praat Ilse oor

  • die uitdagings wat sy in haar eie lewe ervaar het

  • die definisie van veerkragtigheid (resilience) en hoe dit van deursettingsvermoë verskil

  • die eienskappe, gewoontes en perspektiewe van veerkragtige mense

  • die deurslaggewende rol van dankbaarheid

  • hoe belangrik (en moeilik!) dit is om hulp te vra en te aanvaar

  • kosbare lesse wat die pandemie haar geleer het

  • Ilse se drie beste wenke vir die sinvolle bestuur van jou digitale lewe.

    Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.

floreer-deur-ilse-salzwedel-lux-verbi.png

Beskikbaar by alle goeie boekwinkels. Besonderhede oor waar om dit te bestel op www.veerkragtigheid.co.za

 

Kontakbesonderhede:

Ilse Salzwedel is ‘n joernalis, skrywer en radiopersoonlikheid van Alberton.

Webwerf: www.veerkragtigheid.co.za

Musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Pexels

Foto van Ilse Salzwedel: verskaf

Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.

Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.

Previous
Previous

What BrainWorking Recursive Therapy is and what it can do

Next
Next

Kan die positiewe sielkunde jou lewenskwaliteit verhoog?