Hoe benader ons transgender kinders en volwassenes met empatie?

Die transgenderkwessie is vir baie ouers, familielede en groepe soos geloofskringe ‘n angswekkende onderwerp. Dr. Elna Rudolph, seksuoloog, praat eerlik oor wat dit behels, oor transmense van alle ouderdomme (miskien iemand ná aan jou!) se uitdagings, en oor waar om hulp te kry of hoe om steun te bied.

Sensitiewe inhoud: transgenderkwessies word uit ‘n mediese oogpunt bespreek.

Dr. Elna Rudolph

Dr. Elna Rudolph

In die gesprek beantwoord Elna die volgende vrae:

  • Wat beteken die term “transgender”?

  • Hoe benader Elna, ‘n gelowige dokter, transmense?

  • Lê die “probleem” in ‘n transman of transvrou se kop?

  • Watter rol speel hormoon- en sielkundige behandeling?

  • Ondergaan alle transgender mense ‘n operasie?

  • Hoe vind ouers uit of hul jong kind transgender is?

Are you up to date with Sexual Etiquette?

Elna verduidelik wat sy doen om haar ewewig te behou in haar lewe as ‘@sexologistmom’.

Read Elna’s advice on the issues surrounding women, sex and menopause.

Kontakdetail:

Dr. Elna Rudolph is ‘n mediese dokter en seksuoloog en die kliniese hoof van My Sexual Health, die grootste multi-dissiplinêre span seksuele gesondheidskundiges in Suid-Afrika, met kantore in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad. Sy is die president van die World Association for Sexual Health (WAS) en is verbonde aan die Southern African Sexual Health Association (SASHA).

www.DrElnaRudolph.com

www.MySexualHealth.co.za

Tel. 011 568 4844

Facebook Dr Elna Rudolph – Sexologist

Instagram @sexologistmom

Let wel: Hierdie gesprek is vervaardig vir rrRADIO, die podsendingskanaal van rooi rose.

Hooffoto: Unsplash. Model gebruik.

Foto van dr. Elna Rudolph: verskaf.



Previous
Previous

Verstaan die sterwensproses: 13 dinge wat jy dalk nie weet nie

Next
Next

Hoe om dit te verwerk dat my kind gay is