Hoe jy angstigheid en uitbranding kan hanteer

Depressie gaan dikwels hand aan hand met aspekte soos uitbranding en angstigheid. Iemand kan “alles in die lewe hê” en stééds oorweldig en ongelukkig voel. Kliniese sielkundige dr. Wilmien Human gee raad oor algemene simptome, watter steun nodig is, en die rol van medikasie en terapie.

Sensitiewe inhoud: Selfdood word genoem, maar nie bespreek nie.

Dr. Wilmien Human

Dr. Wilmien Human


In die gesprek verduidelik Wilmien die volgende:

  • Wat depressie werklik is en wie kliniese depressie kan diagnoseer

  • Die simptome van depressie, soos ‘n gebrek aan energie, hoop en eiewaarde; versteurde slaap- en eetpatrone; onttrekking, irritasie en verlorenheid

  • Die steun wat iemand met kliniese depressie nodig het - wanneer die persoon professionele hulp moet kry, en hoe om met hulle daaroor te praat

  • Die rol van medikasie

  • Hoe depressie by vroue en mans verskil

  • Die verband tussen sosiale media en connectedness

  • Praktiese maniere om jou “filter” - jou unieke ervaring van die werklikheid - konstruktief te herstel.


    In hierdie gesprek gee Wilmien praktiese raad vir dié van ons wat voel ons moet supervroue wees.

    Wilmien gesels oor haar hartsmense en oor hoe sy haar werk beleef


    Kontakdetail:

    Dr. Wilmien Human, kliniese sielkundige met ‘n privaatpraktyk in Paarl en senior dosent aan die Universiteit van die Wes-Kaap: wilmienvs@gmail.com
    Gratis SADAG-hulplyn: 0800 21 22 23, 0800 456 789 of besoek www.sadag.org


    Hoe kan die positiewe sielkunde jou lewenskwaliteit verhoog? Luister na Wilmien se insigte.

    Let wel: Hierdie podsending is vervaardig vir rrRADIO, die podsendingskanaal van rooi rose.

    Musiek deur Mart-Marie Snyman.

    Hooffoto: Unsplash

    Dr. Wilmien Human: verskaf











Previous
Previous

Hoekom babas moet kruip en hoe om dit aan te moedig

Next
Next

Maak kreatiwiteit só deel van jou lewe