Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman

Jou onbewuste kan keer dat jy gewig verloor

Hoewel die persepsie dat maer wees gelyk is aan mooi wees toenemend vervaag, bly gewigsverlies om gesondheids- en ander redes vir baie mense belangrik. Opvoedkundige sielkundige Karin Bronkhorst praat oor die verband tussen emosies en eetpatrone, wanneer ‘n gebrek aan selfbeheersing geen rol speel nie, wat hipnoterapie behels en hoe die behandeling van kwessies soos trauma tot gesonder gedragspatrone kan lei.

Read More
Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman

Psigiese siektes: so help jy jou geliefde en jouself

Het jy of iemand ná aan jou ‘n psigiese siekte? Joernalis Pieter van Zyl praat oor sy boek, “Verhale van hoop: só help jy jou geliefde en jouself”, vir mense wat met ‘n uitdaging soos depressie, angsversteuring, opgaarsindroom of obsessief-kompulsiewe versteuring saamleef. Hy vertel waar die aangrypende verhale in sy boek vandaan kom; van sy eie pad met angsversteuring, major depressie en ‘n lewensmaat met bipolariteit; en hoe die navorsing en praktiese raad in sy boek uit sy eie dringende behoefte aan hulp gebore is.

Read More
Emotional health Mariette Snyman Emotional health Mariette Snyman

BWRT: ‘n doeltreffende oplossing vir post-traumatiese stressindroom

Hoewel die binnewonde wat mense opdoen nie met die blote oog gesien kan word nie, ly minstens 10% van die bevolking aan posttraumatiese stressindroom. Voorligtingsielkundige Heinrich Benjamin verduidelik wat PTSD is, wat dit kan veroorsaak, hoe ons dit herken en hoe dit gediagnoseer word. Hy belig die sukses en voordele van BrainWorking Recursive Therapy in die behandeling van akute en posttraumatiese stressindroom en bespreek twee gevallestudies.

Read More
Emotional health Mariette Snyman Emotional health Mariette Snyman

Kan die positiewe sielkunde jou lewenskwaliteit verhoog?

Wat is die positiewe sielkunde, en watter voordeel kan jy daaruit trek? Dr. Wilmien Human, kliniese sielkundige en senior dosent, praat oor praktiese maniere om algaande gelukkiger te leef. Navorsingsresultate wys dat hulpmiddels soos ‘n dankbaarheidsjoernaal op die lang duur stres kan verminder en ons fisieke gesondheid, immuunstelsel, verhoudings en vlak van tevredenheid ‘n hupstoot kan gee.

Read More
Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman

“Tension Release Exercise”: ‘n praktiese manier om trauma te verwerk

Dis nie net “groot” gebeure soos inbrake wat ons traumatiseer nie. Selfs ‘n verkeersknoop en die vrees dat jy laat is, kan jou liggaam se veg-, vlug- of vriesreaksie sneller. Voorligtingsielkundige Eleen Polson bespreek die oorsake, simptome en hantering van post-traumatiese stressindroom.

Read More