đźIs daar ân verkeerde manier om oor ân geliefde te rou?
Ons praat meestal moeilik oor die dood. Wanneer iemand nĂĄ aan ons wegval, kan rousmart ons onverhoeds betrap en selfs van ander vervreem. Ds. Braam Klopper, pastorale terapeut en rouspesialis, verduidelik hoe persoonlikheid, geslag en ander faktore rousmart kan beĂŻnvloed. Die nodige insig kan paartjies en individue toerus om mekaar se leed en optrede beter te begryp.
Ons samelewing kyk die dood nie graag in die oë nie. Dis vir ons nie meer deel van die natuurlike kringloop van kom en gaan nie; dis iets waarvan ons niks wil weet nie; wat ons so ver as moontlik van ons af probeer hou.
Mense sterf nie meer tussen die mure van ons huise nie, maar in bejaardesorgeenhede, hospiese en hospitale waar die mediese wetenskap elke greintjie kennis inspan om dit te voorkom. Dit laat baie van ons onbeholpe nĂĄ iemand se dood. Ons soek na woorde. Wat sĂȘ jy tog? En dis nog erger as dit ek en my nabymense is wat rou ...
ââJy sal meer moet huil. Dis nie normaal dat jy so min huil nieâ of âSĂł kan jy nie aangaan nie. Jy huil te veel. Dis nou al drie maande, jy moet oor die ding kom. Onthou, jou man sou nie wou gehad het dat jy so baie huil nie.â DĂs die âgoeie raadâ wat welmenende vriende en familielede uitdeel aan mense wat ân geliefde aan die dood afgestaan het. Dis asof hulle ân model in hul koppe het oor hoe ân mens behoort te rou. Moenie te veel huil nie, maar ook nie te min nie. Moenie te gou ophou huil nie, maar moet asseblief tog ook nie te lank aanhou met die huilery nie.â SĂł sĂȘ ds. Braam Klopper (foto hierbo), predikant van die NG-gemeente Kempton Park-Oos en ân pastorale terapeut met ân meestersgraad wat in rou spesialiseer.
Drie bepalende faktore
âMense rou verskillend. Daar is ân verskeidenheid reaksies op rou en almal is heeltemal normaal. Sekere faktore bepaal die maniere van rou:
Jou verwantskap tot die persoon wat oorlede is: jy rou anders oor jou kind as oor jou ouers of eggenoot, broer of suster.
Die manier waarop die persoon oorlede is: het dit onverwags gebeur, of nĂĄ ân lang siekbed? Was dit die gevolg van natuurlike oorsake of van ân motorongeluk, misdaad of selfmoord?
Die verhouding met die persoon: was dit ân positiewe verbintenis, of gespanne?â
Die rol van persoonlikheid en geslag
âWaarskynlik die twee heel grootste faktore wat iemand se manier van rou beĂŻnvloed, is persoonlikheid en geslag.
âIntroverte en ekstroverte rou gewoonlik baie verskillend. Introverte is meer geneig om hul emosies op te krop. Hulle gee glad nie uiting daaraan nie, of doen dit in privaatheid. Al rou hulle intens, is die mense om hulle meestal onbewus van hul pyn. Die afleiding dat hulle nie genoegsaam rou of nie emosioneel genoeg is nie, is meestal ân valse afleiding of wanpersepsie van hul rouproses.
âEkstroverte is in die algemeen mense wat maklik hul emosies wys en nie noodwendig hul hartseer vir hulself sal hou nie. Hulle sal voor ander aan hul emosies uiting gee. Verder praat en huil hulle maklik en herhaaldelik oor die persoon en die gebeure, ook oor hul gedagtes en herinneringe aan die oorledene. Dit help hulle ook met die verwerking daarvan.
âMans en vroue rou feitlik altyd verskillend. Dis belangrik vir diĂ© wat in die rouproses is om hiervan bewus te wees, nie net diegene wat besig is om te rou nie, maar ook mense wat by hulle betrokke is.
Foto: Pexels
âDis ân veralgemening, maar mans rou gewoonlik tog op ân rasionele wyse en vroue op ân emosionele wyse. Mans wil gewoonlik soveel moontlik inligting oor die omstandig hede en oorsaak van die dood hĂȘ sodat hulle hierdie inligting iewers in ân spesifieke vakkie in hul brein kan âliasseerâ. Sodra dit gedoen is, wil hulle met die lewe aangaan. Vir baie mans is dit baie moeilik om die emosie te hanteer wat met rou gepaardgaan en hulle probeer dikwels om potensieel emosionele situasies te vermy. Daarom sal hulle nie graag met ân berader gesels nie - die moontlikheid is net te groot dat hulle emosioneel kan raak, wat vir hulle ân groot verleentheid sal wees.
âSommige mans is ook geneig om eerder op woede of wraakgedagtes te fokus. Dis vir hulle âmaklikerâ om woede pleks van intense hartseer te hanteer. Die fokus op woede is ân soort verdedigingsmega-nisme.
âVroue se rou is gewoonlik baie meer emosioneel. Emosionele belewenisse help hulle met die verwerking van hul hartseer. Hulle doen emosionele dinge soos kerse aansteek, fotoalbums maak, skryf, dig of praat oor die geliefde wat dood is. Die uiting van hul emosies is vir hulle belangrik en terapeuties.
Wanneer ân paartjie rou: dĂt kan verskil
âMans en vroue se roupatrone het ân groot uitwerking op mekaar. Hulle kan onwetend mekaar se patrone in stand hou. Dit gebeur gereeld in my spreekkamer dat vroue vertel hoe bekommerd hulle oor hul mans is wat na hul mening ânie genoegsaam rou nieâ.
âIndien ek ân geleentheid kry om met hierdie mans te praat, kry ek feitlik altyd die volgende reaksie: âMy vrou rou netâ of âDie rou het haar hele lewe oorgeneem. Dis al wat sy doen.â
âDis gewoonlik glad nie waar dat hierdie mans nie rou nie. Hulle rou âna binneâ of op tye en plekke waar hul vroue dit nie sien nie. Hulle het dikwels ân spesiale plek waar hulle alleen kan huil, of besoek selfs die graf of gedenkmuur sonder dat hul vroue daarvan bewus is.
âân Mens moet bedag wees op die wisselwerking of wedersydse invloed wat ân man en ân vrou in hierdie geval op mekaar het. Die vrou se intense, emosionele rou kan daartoe lei dat die man sy rou terughou of onderdruk en slegs uiting daaraan gee op ân tyd of plek wanneer hy seker is dat sy nie daarvan sal weet nie. Sy motief kan wees dat hy haar wil beskerm en haar nie nog verder wil ontstel nie, of dat hy voel hy moet ter wille van haar en die res van die gesin âsterkâ wees.
âIn die geval van die vrou werk dit gewoonlik so: hoe minder sy dink haar man rou, hoe meer sal sy voel dat daar behoorlik oor die dood van ân kind getreur moet word. Sodoende rou sy al meer en al hoe intenser. Dis asof daar dan by haar ân dringende lojaliteit ontstaan teenoor die kind wat dood is; sy âmagâ nie minder rou nie. Dis asof sy alleen oor hul kind moet treur.
âDiĂ© hantering van haar verlies veroorsaak dat haar man al hoe meer terughoudend word en haar rouproses al hoe pynliker. Dit kan baie help as haar man haar kan gerusstel dat hy wel rou, of - nog beter - as hy ân gedeelte van sy roubelewenis met haar kan deel of voor haar kan uitdruk.â
Intimiteit: ân tameletjie
ân Tweede saak is die hantering van intimiteit. âIntimiteit is gewoonlik vir vroue baie meer van ân emosionele belewenis en aangeleentheid as ân fisieke kwessie. Vir mans geld die omgekeerde die meeste van die tyd.
âNĂĄ die dood van ân geliefde is ân vrou gewoonlik so ontsteld dat sy dikwels sal sĂȘ dat intimiteit âdie laaste ding is waaraan sy kan dinkâ of âwaarvoor sy kans sienâ. Sy redeneer dikwels dat haar man onredelik is om enigsins âvan haar te verwagâ om intiem te verkeer.
âMans vind juis weer troos in intimiteit en kan tydens hul rouproses selfs ân verhoogde behoefte aan seks hĂȘ. Dis ân fase waarin albei maklik verwerp en afgeskeep voel. Dis so ân sensitiewe saak dat mense gewoonlik glad nie hieroor praat nie, selfs nie eens met beraders nie. Dit lei tot spanning en tot skuldgevoelens.â
Luister ook na Braam se verduideliking oor hoe mans en vroue se rouproses na die dood van ân geliefde verskil.
Wat beteken dit om âaan te beweegâ?
âWanneer ân paartjie rou, is daar ân frase wat talle vroue as âgewraakte woordeâ ervaar. Dis die frase âom aan te beweegâ. Vir mans en vroue het hierdie woorde gewoonlik radikaal verskillende betekenisse. Vroue hoor dat hul mans die geliefde wat dood is, wil agterlaat en aangaan met die lewe asof alles reg is. Mans bedoel gewoonlik hiermee dat hulle saam met hul vroue ook weer aandag moet gee aan ander aspekte van hul lewe en dat alles nie moet stilstaan en oorheers word deur die rou nie. As mense van hierdie verskille bewus is, kan hulle mekaar makliker vind.â
Lees ook 13 dinge oor die sterwensproses wat jy dalk nie weet nie.
Hier verduidelik Braam hoe jy iemand wat skei of wil skei, sinvol kan bystaan.
Meer oor Braam, met kontakdetail
Braam Klopper is predikant by die NG Kerk Kempton Park-Oos. Hy het ân meestersgraad in Pastorale Terapie en bied rouberading, praatjies oor hoe om mense by te staan wat rou, en volledige rouseminare vir predikante, dokters, mediese personeel, maatskaplike werkers, vrywilligers, ens.
Braam se reeks gespreks-CDâs vir mense wat nie by ân berader kan of wil uitkom nie, is hier beskikbaar:
Gesprekke oor Rou - Praktiese raad vir mense wat treur
Gesprekke oor Rou - NĂĄ die dood van ân kind
Gesprekke oor Rou- NĂĄ ân miskraam of stilgeboorte
Gesprekke oor Rou - NĂĄ selfdood
Conversations on Grief - Practical advice for people who are mourning
Conversations on Grief - After the death of a child
Braam is die outeur van die boek Wanneer Woorde Ontbreek en mede-outeur van die boek Leeg wat oor swangerskapsverliese handel, albei uitgegee deur Lux Verbi.
Webwerf http://www.braamklopper.co.za/
Tel. 082 574 3530 of 011 979 1415
E-posadres info@braamklopper.co.za
Foto van ds. Braam Klopper: verskaf
Hooffoto: Pexels, model gebruik
Ander fotoâs: Unsplash, tensy anders aangedui
Let wel: Hierdie artikel is oorspronklik vir rooi rose geskryf.