đźIs jou kind ADHD of begaafd?
Met aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit is ons almal bekend, maar nie met begaafdheid nie. Gesinsberader en âtransformational parenting coachâ Mia von Scha skets die eienskappe van begaafdes, watter toestande of kwessies met ADHD verwar kan word, die voor- en nadele van âgiftednessâ en hoe om hierdie kinders te hanteer. Daarby het begaafde kinders meermale begaafde ouers!
âMevrou, jou dogter kan nie stilsit nie. Sy moet vir aandagafleibaarheid getoets word en moontlik Ritalin gebruik,â het die graadeenonderwyseres vir Mia von Scha gesĂȘ. Mia het gewonder of die juffrou aan die verkeerde kind dink: âTuis kon my oudste ure aaneen konsentreer.â
DiĂ© voorval het Mia â gesinsberader, transformational parenting coach, kinderboekskrywer en inspirasie-spreker â ân nuwe rigting laat inslaan. âEk was vasbeslote om die situasie uit te pluis. Dit het ân paar jaar geneem, maar vandag kan ek my kennis van kinders wat op die begaafdheidspektrum lĂȘ, gebruik om ander ouers te help.
âDis interessant dat ons almal bekend is met aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit, maar onseker is oor wat begaafdheid behels. Een van my kwalifikasies is ân BA-graad in sielkunde, en begaafdheid was nie deel van ons leerplan nie. My oudste was in ân Johannesburgse private skool. Hoewel sy intellektueel vier of vyf jaar voor haar ouderdomsgroep gemeet het, het die skool geen aandag daaraan gegee nie â selfs nĂĄ my uitdruklike versoek. Dis begryplik dat ân kind wat reeds met breuke kan werk, moeilik konsentreer wanneer die les op eenvoudige optelsomme fokus.â
âOverexcitabilityâ en ander kenmerke van begaafdheid
âDie werk van ân Poolse psigiater en sielkundige, Kazimierz Dabrowski, het my siening van begaafdheid ingrypend beĂŻnvloed. Hy het intensiteit, sensitiwiteit en ooropwekking (overexcitability) as die kerneienskappe van begaafdheid geĂŻdentifiseer. Overexcitability of OE is aangebore en dui op ân verhoogde ontvanklikheid vir stimuli. Alle begaafdes openbaar nie hierdie supersensitiwiteit nie, maar dit kom in ân groter mate by kreatiewe en begaafde mense voor as in die gemiddelde bevolking. OEâs kan op een of meer van vyf gebiede voorkom:
1 Psigomotories
Psigomotoriese overexcitability dui op verhoogde prikkelbaarheid van die senuspierstelsel. Wanneer hulle emosionele spanning beleef, kan hierdie mense impulsief optree, kompulsief praat, onaanvaarbare gedrag of senuagtige gewoontes toon, gedrewe voorkom, slaaploosheid ervaar, kompulsief begin organiseer, en uitermate mededingend raak. Die grenslose fisieke en verbale aktiwiteit wat hulle so geniet, kan ander oorweldig. Hul huisgenote en klasmaats wens hulle wil tog net stilsit en stilbly!
2 Sensueel
Sensual OE is ter sprake wanneer al vyf sintuie in die hoogste rat funksioneer.
Dié kinders word diep geraak deur musiek, taal of kuns, en put eindelose genot uit sensoriese ervarings. Maar hulle raak gou oorgestimuleer of ongemaklik met prikkels soos kosteksture, reuke, of gras onder hul kaal voete.
Spanning kan veroorsaak dat hulle hulle ooreet, ân aanval van kooplus kry, of smag na die fisieke genot wat hulle beleef wanneer hulle die middelpunt van belangstelling is. ân Lawaaierige klaskamer of krapperige uniforms kan hulle ontstem. Hulle het ân groot behoefte aan fisieke gemak, soos sagte klere.
3 Intellektueel
Hierdie OE word gekenmerk deur die behoefte om kennis in te win en inligting te begryp, te analiseer en te integreer om by die waarheid uit te kom. Hierdie kinders is ywerige lesers, nuuskierig, en dikwels fyn waarnemers. Hulle kan lank konsentreer en met probleemoplossing volhard. Hulle is gek na teorieĂ« en dink na oor hul manier van dink. Hul sterk fokus op morele denke beteken hulle kwel hulle oor âvolwasseâ kwessies soos haweloosheid. Hulle kan gou krities of ongeduldig raak, of so opgewonde dat hulle ander onderbreek.
4 Verbeeldingsverwant
Mense met imaginational OE se gedagtewĂȘreld is ryk aan beelde, metafore, fantasie en verwikkelde drome. Die digkuns, drama of musiek kan hulle fassineer. Hulle het ân goeie sin vir humor, maar omdat hulle hul maklik die ergste scenario kan voorstel, kan hulle bang wees om te waag of iets nuuts te probeer. DiĂ© kinders vermeng soms fiksie en die werklikheid en het dikwels verbeeldingmaatjies. Hulle konsentreer moeilik in ân klaskamer waar ân rigiede akademiese leerplan kreatiwiteit oorskadu.
5 Emosioneel
Emosionele ooropwekking vind uiting in uiterste of komplekse emosies, baie keer in fisieke reaksies soos maagpyn of ân blosery. Hierdie kinders vorm nou bande met mense, plekke en voorwerpe, is empaties en voel dikwels verantwoordelik vir ander. Hulle kan angstig wees, skaamte, skuldgevoelens of depressie ervaar, en minderwaardig of ontoereikend voel. Hulle hanteer verandering moeilik en is geneig tot meedoĂ«nlose selfkritiek. DiĂ© mense het ân groot behoefte aan sekuriteit. Hul verhoogde emosionaliteit kan op alledaagse take soos huiswerk inbreuk maak.
Lees ook hierdie artikel om uit te vind of jy (of jou kind) ân âempathâ is.
Ouers val dikwels ook op die begaafdheidspektrum
âWanneer ek ouers aan Dabrowski se werk voorstel, gaan daar dikwels vir hulle ân lig op. Hulle besef nie net hul kinders nie, maar ook hulle is begaafd: dis ongewoon dat gesinslede se IK met meer as tien punte verskil. In ons samelewing identifiseer ons wel begaafdes wat uitstaan, soos ân kind wat reeds op agt maande leer lees, maar talle begaafdes se vermoĂ«ns is minder ooglopend.
âHulle is anders as hul ouderdomsgroep, maar niemand begryp regtig die verskille nie. Dikwels word ân toestand soos bipolĂȘre siekte, oppositional defiant disorder, aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit (veral die seuns) of sensoriese integrasieversteuring (veral die meisies) by hulle gediagnoseer.
Foto Pexels
âBaie mense aanvaar dat begaafde kinders fluks en voorbeeldig is en net A-simbole kry. Volgens my skatting geld dit sowat 30% van diĂ© kinders. Die meerderheid kan ân klas ernstig ontwrig. Hulle is verveeld, en span daardie skerp brein in om hulself en ander te vermaak. Baie van hulle het vrede met huiswerk.
âOngelukkig lei begaafdheid meermale na aangeleerde hulpeloosheid. Omdat die werk so maklik is, raak die kinders lui. Hul eerste ware uitdaging kom wanneer hulle die dag begin werk of studeer â en dan gee hulle moed op omdat hulle nooit geleer het om uitdagings die hoof te bied nie. Dis tragies as dit gebeur.â
Ander moontlikhede wat nes ADHD kan lyk
âEk sien talle ouers wat ongemaklik voel wanneer aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit of AA/HA by hul kinders gediagnoseer word. Hul kind ervaar duidelik probleme, maar hulle twyfel daaraan dat medikasie die beste oplossing is.
âVir sulke ouers sĂȘ ek: trust your gut. Jy ken jou kind die beste. As jy ander oplossings wil oorweeg, kan ek help.
âEk is nie ân sielkundige nie, maar die tradisionele sowel as alternatiewe modaliteite waarin ek opgelei is, het juis my uitkyk verbreed. Die diagnose van AA/HA is altyd subjektief â geen bloedtoets of skandering kan dit bevestig nie â en in my ervaring is daar sowat vyftig ander moontlikhede wat na AA/HA kan lyk.
âHier is ân paar: lae bloedsuiker, voedingstekorte, ân gebrek aan vitamien B, bloedarmoede, te hoĂ« mangaan- of kwikvlakke, allergieĂ«, hartsiekte, porfirie, ân wurminfestasie, ân candida albicansinfeksie, die newe-effekte van medikasie, te min oefening, stres, slaapstoornisse, leerprobleme, of ân gebrek aan respek vir die kind se waardes en behoeftes in die skoolkonteks.
âSaam met ouers fokus ek op ouderdomsgepaste gedrag, ontwikkelingsverskille en leerstyle. Ons eksperimenteer met leefstyl- en ander veranderinge wat ân positiewe verskil kan maak.
âEk het ân graadeenkind gesien wat nie kon konsentreer, aanwysings volg of opdragte voltooi nie. Hy het swak fyn motoriese vaardighede gehad en aggressief opgetree. Sy juffrou het gevrees hy sou die jaar druip. Nadat hy ân goeie probiotika begin neem het, en sy dieet aangepas en skermtyd beperk is, was hy binne ân betreklike kort tydperk een van die topdrie leerders in sy klas.
âEk wil allermins die indruk wek dat alle kinders se aandagafleibaarheid, of vermeende aandagafleibaarheid, so maklik opgelos kan word. Party situasies is ingewikkeld, veral as ân kind begaafd is Ă©nân toestand soos disleksie of outisme het.
âUit-die-boks denke kan wel tot doeltreffende oplossings lei. Dit verg natuurlik moeite en geduld. Dit kan nodig wees om na ân ander skool of onderrigopsie oor te skakel, moontlike allergene uit die kind se dieet te elimineer en weer een vir een in te sluit, of om dissipline anders toe te pas.â
Foto Pexels
Medikasie of nie?
âGedrag is ân vorm van kommunikasie. Ons moet probeer agterkom wat ân kind se gedrag aan ons wil oordra. In die oĂ« van ons samelewing kommunikeer AA/HA-simptome die behoefte aan medikasie. Maar Ritalin en soortgelyke middels is nie geneesmiddels nie. Hulle spreek slegs simptome aan. Hulle is ân management tool. Ek het al ân klas van 30 kinders teĂ«gekom waarvan 15 op hierdie medikasie was. Die ouderdomsgroep waaronder die gebruik van Ritalin die vinnigste toeneem, is voorskoolse kinders.
âEk glo AA/HA-simptome spoor ons aan tot verandering. Dis ân gawe eerder as ân straf. Ons kan vra: wat verklap my kind se simptome omtrent die manier waarop ons leef? Vir mense met ân oop gemoed is daar bĂĄie inligting beskikbaar.â
Begaafdheid het voordele én nadele
âNes enige ander saak het begaafdheid voor- Ă©n nadele. Begaafde kinders is eintlik kinders met spesiale behoeftes.
âBewustheid maak al klaar ân verskil. Talle ouers wat Dabrowski se werk leer ken, sĂȘ: âVir die eerste keer maak sekere aspekte van my lewe sin. Ek het altyd geweet ek is anders en geglo daar is fout met my. Ek bekommer my oor dinge waaraan ander hulle nie eens steur nie. Nou weet ek ek is normaal â altans, in diĂ© deel van die bevolking waar ek inpas!â
âKinders se hebbelikhede word ook meer verstaanbaar, soos âstoutigheidâ wat op sensoriese oorlading of verveling dui, of ân kind se dae lange hartseer nĂĄ ân nuusberig oor hongersnood.â
Hoe weet ouers of hul kind begaafd is?
âân Sielkundige of psigometris kan die kind toets, verkieslik iemand wat in begaafdheid spesialiseer. ân Begaafde kind se antwoorde verskil soms met goeie rede van die standaardantwoorde. Dit moet in ag geneem word. Ouers kan ook mensa.org besoek. Dit bied uitstekende hulpbronne.â
Op die vraag of ouers die etiket van begaafdheid om ân kind se nek moet hang, sĂȘ Mia: âDis ân persoonlike besluit. Ongelukkig kleef daar ân stigma aan begaafdheid, asof ouers hulle aanmatig wanneer hulle sĂȘ hul kind is begaafd.
Rol af vir Mia se oorsiglys met eienskappe van begaafdheid.
âBegaafheid is steeds ân vae begrip. Dis anders wanneer ân kind in sport uitblink en almal kan siĂ©n dat hy elke tennistoernooi wen.
âDie waarde van die âetiketâ van begaafdheid lĂȘ daarin dat dit kommunikasiekanale kan oopmaak. Hopelik sal onderwysers die kind met groter begrip hanteer, en ouers kan hul kind beter begelei. Diep binne weet hierdie kinders hulle is âandersâ en as hulle nie verstaan hoekom nie, verklaar hulle dit dalk op ân negatiewe manier.
âWanneer jou kind sĂȘ: âniemand in my klas lag vir my grappies nie. Ek is seker simpel,â kan jy antwoord: âJou brein werk anders as die meeste van jou maats sân. Hulle begryp dalk nie nou jou sin vir humor nie, maar binne ân jaar of wat sal dit verander.â Of: âJou brein registreer en verwerk meer inligting. Moenie sleg voel omdat jou maats nie so begaan is oor besoedeling nie.â
âDis belangrik dat jou kind verstaan begaafdheid maak nie een mens beter as ân ander nie. Dis ân gawe, soos in die woord giftedness. Die bepalende faktor is wat jy met jou gawe doen. As iemand met sporttalent nie toegewyd oefen nie, gaan hy nĂȘrens kom nie. Begaafdheid is ân vorm van potensiaal, en jou kind het die keuse en die verantwoordelikheid om hierdie talente te verwesenlik.â
Aanduidings van begaafdheid
Hier is Mia se oorsiglys met eienskappe van begaafdheid:
Ongewone wakkerheid, selfs as baba
Vinnige leerder
Uitstekende geheue
Buitengewoon groot woordeskat en komplekse sinne
Gevorderde begrip vir metafore en abstrakte idees
Geniet dit om probleme op te los
Kan hulself op voorskoolse vlak leer lees en skryf
Diep, intense gevoelens en reaksies
Uiters sensitief
Denke is abstrak, kompleks, logies en insigryk
Idealisme en ân sin vir geregtigheid op ân vroeĂ« ouderdom
Besorgdheid oor sosiale en politieke kwessies en onreg
Verdiep in eie gedagtes â dagdromer
Leer basiese vaardighede vinnig en met min oefening aan
Vra indringende vrae
Uiteenlopende belangstellings of gefokus op een gebied
Hoogs ontwikkelde nuuskierigheid
Eksperimenteer graag
Kombineer idees of voorwerpe op ân ongewone manier
Kontakdetail
Mia von Scha, vroeër van Johannesburg, woon op die Engelse platteland en doen Skype-sessies met kliënte: transformationalparenting.guru of mia@transformationalparenting.guru
Mia se aanlynkursus âADHD: Alternatives to medicationâ is beskikbaar by udemy.com
Hierdie artikel is oorspronklik gepubliseer in rooi rose en ook op www.rooirose.co.zaFotoâs Unsplash, tensy anders aangedui. Modelle is gebruik.