Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman

Seksuele molestering: ‘n potensieel beperkende ervaring

Seksuele molestering en verkragting is algemener as wat ons dink en die oortreders is dikwels vertrouelinge. Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg praat deernisvol oor die gepaardgaande trauma, misplaaste skaamte en skuldgevoelens, en geheimhouding. Sy verduidelik hoe seksuele misbruik in narratiewe terapie benader word: jy kán jou beperkende identiteitsverhaal herskryf. Sensitiewe inhoud, vir volwasse luisteraars bedoel.

Read More
Emotional health, Parenting Mariette Snyman Emotional health, Parenting Mariette Snyman

Hoekom ‘n seun moet voel hy’t ‘n pa

Meer as 60% van die kinders in Suid-Afrika word sonder ‘n pa groot. Dan is daar seuns met pa’s wat fisiek teenwoordig is, maar op ander vlakke afwesig. In sy boek Seuns sonder pa’s ondersoek joernalis Julian Jansen die oorsake en gevolge van hierdie diep verwonding en vertel hy die verhaal van sy eie pa: die held, maar ook die skurk van hulle gesin. Julian gesels met Mariette Snyman oor sy boek, nuwe navorsing oor vaderloosheid, en praktiese en geestelike oplossings.

Read More

Raad vir ouers wat hoor hul kind is gay: hoe nou verder?

Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor die hantering van ‘n kind wat uit die kas kom, skok en skaamte, wanpersepsies rakende gay-wees, en die vrees vir verwerping en seksueel oordraagbare siektes. Sy gee raad - ook vir ouers wat ‘n geloofstryd beleef - en omlyn 7 stappe na die uiteindelike aanvaarding van ‘n kind se seksuele oriëntasie. Sensitiewe inhoud: dié gesprek is vir volwassenes bedoel.

Read More
Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman

Hoe mans en vroue se rouproses na ‘n geliefde se dood verskil

Elke mens treur anders. Ds. Braam Klopper, pastorale terapeut en rouspesialis, verduidelik hoe die manier waarop iemand sterf en ander faktore ons hantering van smart beïnvloed. Ons moet ook verstaan dat mans en vroue droefheid verskillend verwerk. Begrip vir uiteenlopende roupatrone, sienings van lojaliteit en benaderings tot intimiteit maak dit makliker om mekaar te ondersteun.

Read More
Parenting, Love & intimacy, Emotional health Mariette Snyman Parenting, Love & intimacy, Emotional health Mariette Snyman

My kind is gay: 12 vrae wat ouers vra

Wanneer jy hoor jou dogter is lesbies of jou seun is gay, het jy sinvolle inligting en advies nodig. Dr. Marietjie van Loggerenberg, pastorale narratiewe terapeut, bespreek navorsing oor die oorsake van homoseksualiteit, wanopvattings en die vrees vir verwerping, opbouende kommunikasie, en die geloofstryd wat gelowige ouers (en hul gay kind) mag beleef.
Sensitiewe inhoud: bespreking van onder meer seksuele oriëntasie. Dié gesprek is vir volwassenes bedoel.

Read More
Parenting, Love & intimacy Mariette Snyman Parenting, Love & intimacy Mariette Snyman

Natuurlike geboorte: wanneer is dit die beste keuse?

In baie lande word ‘n natuurlike geboorte toenemend as die beste opsie vir ‘n gesonde ma met ‘n normale swangerskap beskou. Is dit veilig – en is dit gewens? Geboorte-opvoedkundige Cozette Laubser belig die voorwaardes vir en voordele van ‘n bevalling sonder mediese ingrepe, onder die oog van ‘n opgeleide vroedvrou. Sy bespreek die ideale geboorteomgewing, die geboortespan, die rol van hormone in die kraamproses, die “fetus ejection reflex” en natuurlike en farmaseutiese maniere om pyn te beheer.

Read More
Parenting, Emotional health Mariette Snyman Parenting, Emotional health Mariette Snyman

Hoe om ouderdomsgepas met jou kind oor die dood te praat

Ons kan kinders nie weghou van die dood nie: hulle kom dit in rekenaarspeletjies en die media teë. Volwassenes is dalk ongemaklik met die onderwerp, maar sodra ‘n kind direk geraak word, het ons die regte woorde nodig. Alta Bence van die CHOC Childhood Cancer-stigting gee riglyne oor hoe om die dood te verduidelik, ons eie hartseer te deel, wanneer ‘n kind ‘n oorledene se liggaam moet sien, en hoe om ‘n kind met ‘n terminale siekte te begelei.  

Read More
Parenting, Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman Parenting, Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman

Is dit jou ideaal om ‘n supervrou te wees?

Of jy nou voltyds werk, enkellopend is, en kinders het of nie – die lewenspas is vinnig. By tye raak die eise eenvoudig net te veel. Kliniese sielkundige dr. Wilmien Human gesels eerlik oor maniere om ons balans te behou, en oor kopskuiwe wat ons kan help om ons eiesoortige, gesonde “supervrou-rol” te skep.

Read More
Parenting, Challenge yourself Mariette Snyman Parenting, Challenge yourself Mariette Snyman

Afwesige pa’s en die heilsame invloed van mentors

Hoe gemaak met die groot persentasie kinders in ons land wat nie ‘n pa in die huis het nie? Jaco van Schalkwyk van The Character Company verduidelik wat dit verg om ‘n seun informeel of deur ‘n organisasie te mentor, hoekom positiewe manlike rolmodelle so nodig is, die vyf waardes wat mentorskap kan versterk, en hoe enkelma’s ondersteun kan word.

Read More
Parenting Mariette Snyman Parenting Mariette Snyman

Huiswerk: slim maniere om jou kind te help

Haal die angel uit huiswerk met hierdie praktiese wenke wat jou kind se breinfunksie, ontwikkelingsvlak en behoefte aan positiewe versterking in ag neem. ‘n Kundige gee raad oor wanneer en hoe om pouses in te bou en wat om te doen as huiswerk te veel raak . Loer veral na die pret wat julle met spelling kan hê!

Read More
Parenting Mariette Snyman Parenting Mariette Snyman

Verstaan hoe jou tiener se brein gerat is

Hou jou tiener se impulsiewe optrede en gretigheid om nuwe dinge uit te toets - veral in ’n groep – jou snags wakker? Daar is ‘n wetenskaplike verklaring vir tieners se avontuurlus en oopheid. Lees hoe jy jou kind kan ondersteun.

Read More
Parenting, Emotional health Mariette Snyman Parenting, Emotional health Mariette Snyman

Is jou kind ADHD of begaafd?

Met aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit is ons almal bekend, maar nie met begaafdheid nie. Gesinsberader en “transformational parenting coach” Mia von Scha skets die eienskappe van begaafdes, watter toestande of kwessies met ADHD verwar kan word, die voor- en nadele van “giftedness” en hoe om hierdie kinders te hanteer. Daarby het begaafde kinders meermale begaafde ouers!

Read More
Parenting Mariette Snyman Parenting Mariette Snyman

Kan jy jou kind empatie leer?

Wat is empatie? Hoe verskil dit van simpatie? Wanneer is ouers skuldig aan “niebekragtiging”? Is daar mense wat nie empatie kan ervaar of toon nie? Dr. Ronél le Roux, emosionele intelligensiespesialis en terapeut, gee raad oor empatie in aksie en hoe om jou kind hierin te begelei.

Read More