Kry jou vreugde terug na ‘n geliefde se selfdood

Om 'n geliefde te verloor beteken nie die wond sal nooit genees nie, sê grief coach en skrywer Marlene Potgieter. Toe haar seun 11 jaar gelede sy lewe beëindig het, het haar pad van rousmart begin. Sy praat oor die skok, skaamte, woede, misplaaste skuldgevoelens, ervaring van verwerping,  en hoekom rousmart nie net ‘n toestand is nie, maar ook ‘n werkwoord.

marlene-potgieter-grief-coach

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Marlene en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

 In episode 128 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels grief coach en skrywer Marlene Potgieter (skrywersnaam Susann Moolman) oor

  • die rol wat ‘n “vloekjoernaal” kan speel

  • watter emosies suicide loss survivors ervaar

  • hoekom ‘n skuldgevoel ná ‘n geliefde se selfdood misplaas is

  • die oorsensitiwiteit van suicide loss survivors

  • die uiteenlopende maniere waarop rousmart individuele gelowiges kan raak

  • die soort steun wat iemand wat ‘n geliefde deur selfdood verloor het, nodig het

  • skadelike oortuigings of outdated beliefs wat Marlene teëgekom het, onder meer rakende post-traumatiese stressindroom

  • haar siening van Elisabeth Kübler-Ross se vyf stappe van rousmart

  •  watter vrese die selfdood van Marlene se seun by haar laat posvat het

  • hoe die selfdood van iemand ná aan jou jou verhoudings kan beïnvloed

  • Marlene se rol as ‘n grief coach

  • hoe ons die stigma verbonde aan selfdood kan help verminder

  • hoe om iemand wat deur selfdood geraak is prakties te ondersteun

  • die feit dat volkome emosionele en geestelike heling moontlik is

  • Marlene se 3 wenke vir elke dag.

In dié episode noem Marlene die niewinsgewende organisasie Alliance of Hope, wat mense wat deur selfdood geraak is aanlyn ondersteun.

Marlene se boeke oor rousmart:

cover-of-chasing-life
susann-moolman-op-vlerke-van-hoop-voorblad

Marlene (skrywersnaam Susann Moolman) se boeke - ook Guppy and ander stories - is beskikbaar op Amazon, Kobo of direk by haar: www.hooptydensrousmart.co.za

Op Vlerke van Hoop, Verwerking van Rousmart is ook in Engels beskikbaar as On Wings of Hope, Releasing of Sorrow.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Belinda Bras-Nel discusses our 8 common fears connected to death, and how to make peace with the concept of dying.

Meer oor Marlene

Marlene Potgieter (skrywersnaam Susann Moolman) is ‘n outeur, grief coach en bereaved parent van Port Elizabeth. Sy help mense wat die pad van rousmart betree, veral dié wat ‘n geliefde deur selfdood verloor het, om hul lewens te herbou.

Kontakbesonderhede:

Webwerf: https://www.hooptydensrousmart.co.za/

FB: Susann Moolman, Hoop Tydens Rousmart

E-pos: info@hooptydensrousmart.co.za of hooptydensrousmart@gmail.com

Alliance of Hope: https://allianceofhope.org/

Die weeklikse podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is beskikbaar op Spotify, Apple Podcasts, Google Podcasts, Pocket Casts, Player FM en Iono.fm. Gee dit gerus ‘n aantal sterre of rating!

 

Nidhi-Amanda Chaitow, a life, grief and death doula, offers insights into living and dying consciously.

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Foto: Unsplash

Foto van Marlene Potgieter: verskaf

Previous
Previous

The four portfolios of positive living and ageing

Next
Next

The joys and benefits of circle dancing