Emotional health, Parenting Mariette Snyman Emotional health, Parenting Mariette Snyman

Kry jou vreugde terug na ‘n geliefde se selfdood

Om 'n geliefde te verloor beteken nie die wond sal nooit genees nie, sê grief coach en skrywer Marlene Potgieter. Toe haar seun 11 jaar gelede sy lewe beëindig het, het haar pad van rousmart begin. Sy praat oor die skok, skaamte, woede, misplaaste skuldgevoelens, ervaring van verwerping, en hoekom rousmart nie net ‘n toestand is nie, maar ook ‘n werkwoord.

Read More
Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman

Hoe mans en vroue se rouproses na ‘n geliefde se dood verskil

Elke mens treur anders. Ds. Braam Klopper, pastorale terapeut en rouspesialis, verduidelik hoe die manier waarop iemand sterf en ander faktore ons hantering van smart beïnvloed. Ons moet ook verstaan dat mans en vroue droefheid verskillend verwerk. Begrip vir uiteenlopende roupatrone, sienings van lojaliteit en benaderings tot intimiteit maak dit makliker om mekaar te ondersteun.

Read More
Parenting, Emotional health Mariette Snyman Parenting, Emotional health Mariette Snyman

Hoe om ouderdomsgepas met jou kind oor die dood te praat

Ons kan kinders nie weghou van die dood nie: hulle kom dit in rekenaarspeletjies en die media teë. Volwassenes is dalk ongemaklik met die onderwerp, maar sodra ‘n kind direk geraak word, het ons die regte woorde nodig. Alta Bence van die CHOC Childhood Cancer-stigting gee riglyne oor hoe om die dood te verduidelik, ons eie hartseer te deel, wanneer ‘n kind ‘n oorledene se liggaam moet sien, en hoe om ‘n kind met ‘n terminale siekte te begelei.  

Read More