My kind emigreer – hoe hanteer ek dit?

Jou hart breek aan stukke wanneer jou kind emigreer, maar jy is ook bly oor die voordele en nuwe moontlikhede. Emigrasieterapeut dr. Sulette Ferreira belig aspekte van die besluit om te emigreer, vrae wat ouers kan vra, die ervaring van broers en susters, en grootouerskap oor grense heen. Sy gee praktiese wenke wat die “konstante afskeid” kan vergemaklik en beklemtoon wedersydse gesprek en betrokkenheid.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Sulette en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

 

In episode 153 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, bespreek sosiale wetenskapnavorser en emigrasieterapeut dr. Sulette Ferreira

  • hoe gebeure in ‘n onkologie-afdeling haar navorsingsfokus gevorm het

  • algemene uitdagings verbonde aan emigrasie

  • perspektief op die Groot Vraag: moet ‘n kind gaan - of bly?

  • die spesiale eienskappe van mense wat die moed het om te emigreer

  • ouers se reaksie wanneer hulle hoor hul kind gaan emigreer

  • ouers se innerlike konflik: opgewondenheid namens hul kind teenoor die geweldige verlies wat hulle ervaar

  • die 2 tipes ambiguous loss

  • die verskillende fases van ouers se hartseer: bekendmaking, voor-immigrasieproses, afskeid en na-immigrasiefase

  • praktiese wenke om die situasie draagliker te maak

  • of dit makliker word vir ouers hoe langer hul kinders elders woon

  • die kwessie van grootouers met kleinkinders in die buiteland

  • die effek van ‘n kind se afwesigheid wanneer hul ouers fisieke, finansiële of ander

     sorg nodig het

  • sibbe wat agterbly: aspekte soos konflikterende emosies, “jaloesie” en hul groter verantwoordelikheid teenoor ouers.

In dié episode noem Sulette dr. Pauline Boss en ambiguous loss.

Rol af vir meer inligting en Sulette se kontakbesonderhede.

Uitnodiging van Sulette

As ‘n ouer met ‘n kind/ers in die buiteland is jou ervaring en kennis van onskatbare waarde en deur by ons gespreksforum aan te sluit, dra jy by tot die verbreding van kennis rakende die onderwerp.

Neem deel aan betekenisvolle gesprekke, besprekings, en vraag-en-antwoord sessies oor onderwerpe wat relevant is tot ouerskap oor grense heen. Verkry waardevolle insigte, wenke, en hulpbronne om jou verhouding met jou kind/ers te verbeter en die uitdagings van geografiese afstand die hoof te bied. Gebruik die volgende skakel :

https://drsulette.com/get-in-touch/

 

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Meer oor Sulette: 

Dr. Sulette Ferreira is 'n sosiale wetenskappe-navorser en emigrasieterapeut. Met 'n passie vir transnasionalisme fokus haar navorsingswerk op die impak van emigrasie op intergenerasie verhoudings. Hierdie navorsingsbevindinge verryk haar konsultasies in privaat praktyk, waar sy spesialiseer in die emosionele aspekte van emigrasie.
Sulette is ook die stigter van 'n gespreksforum vir ouers wie se kinders geëmigreer het. Dit dien as 'n ruimte vir deelname en ondersteuning waar ouers hul ervarings kan bespreek en saam oplossings kan vind vir die uitdagings wat met hierdie lewensveranderende ervaring gepaard gaan.
Buiten haar konsultasie- en navorsingswerk skep Sulette ook aktief bewustheid oor die toenemende verskynsel van emigrasie. Sy doen dit deur die skryf van verwante artikels en die aanbied van werkswinkels om individue en gesinne in een van die uitdagendste oorgange in  hul  lewens te ondersteun.

Sulette woon in die Pretoria-Oos omgewing en werk by voorkeur aanlyn.

Tel. 082 442 0131

E-pos: sulette.ferreira@gmail.com

Webwerf: https://drsulette.com/

Facebook: Dr Sulette Ferreira en die groep Worlds apart living in one heart

Instagram: drsulette

LinkedIn: Sulette Ferreira PhD

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Unsplash

Ander foto’s: verskaf

Previous
Previous

Reaching for the stars after 5 years of ill health

Next
Next

Strengthening self-love: understand your sensory preferences