đźNeem jou eie potgooi op met Mariette
Al ooit daaraan gedink om iemand nĂĄ aan jou hart te verras met ân potgooigeskenk in jou eie stem? Luister gerus na voorbeelde - Sandra se herinneringe en dankie aan haar ouma, en Rina se nalatenskap-opname - hieronder.
You can read this information in English right here.
Mariette sĂȘ:
âOns vinnige lewenstempo laat min ruimte om tot stilstand te kom en ons liefde, ons dankbaarheid, ons wysheid, goeie herinneringe of ons opregte wense spesiaal vir een of meer van ons nabymense vas te vang en met hulle te deel.
âDit het my op die idee gebring om ân diens te verskaf waar ek rustig ân onderhoud met iemand voer en hom of haar begelei om betekenisvolle gedagtes te deel, byvoorbeeld:
liefde, waardering, herinneringe en dalk toekomsdrome met ân lewensmaat
jeugherinneringe met broers en susters, vriende, kleinkinders of peetkinders
ân opregte dankie aan ân ouer, grootouer of ander persoon wat jou lewe aangeraak het
'n opname waarin jy gesels oor iemand wat reeds oorlede is, sodat ander dié persoon sal onthou
die lewensuitdagings wat jy oorkom het, as aansporing vir ander
ân keerpunt in jou lewe wat jy met ander wil deel
kosbare reisherinneringe
jou sienswyse van ouerskap, ouer word, of ander uitdagings en geleenthede
ân kykie op jou nalatenskap, wat kan strek van jou lewenswysheid, sakesin, wenke vir kook, bak of houtwerk tot by hoe om geliefdes (klein of groot!) te koester
ân oorsig oor jou loopbaan of die onderneming wat jy tot stand gebring het - dalk ân storie of twee
die gespreksmoontlikhede is eindeloos.
âSo ân opname kan 'n verjaardag-, herdenkings- of Kersgeskenk wees, 'n groet van kontinent tot kontinent, of jou nalatenskap aan die geslagte wat kom ⊠en oor en oor gespeel word.â
Vinnige feite oor ân geskenkopname of gift podcast:
âEk bestuur die proses van begin tot einde om dit makliker te maak.
NĂĄ ân kenmekaar Whatsapp- of Zoom-onmoeting - wat jou onder geen verpligting plaas nie - stel ek ân raamwerk met vrae op.
As jy tevrede is met die vrae, bepaal ons ân datum en neem dit op met ân Whatsapp-oproep: slegs oudio, geen video nie.
Ek redigeer die opname met sorg, sny enige foutjies uit, en stuur dit vir jou as ân MP3 wat jy maklik met ander kan deel.
Die potgooi is jou privaat eiendom wat nĂȘrens anders gepubliseer word nie.â
Meer inligting:
Gaan gerus na Gift podcasts en rol af na die afdeling in Afrikaans vir besonderhede.
In diĂ© voorbeeld van ân geskenkpotgooi sĂȘ Sandra dankie aan haar ouma en deel sy en haar neefs en niggies kosbare herinneringe:
In hierdie voorbeeld van ân nalatenskap-opname deel Rina haar wysheid:
Die opnames word met Rina en Sandra se vriendelike vergunning as voorbeelde gebruik. Klik net op die betrokke pyltjie om te luister.
âOnthou, die krag van ân potgooigeskenk lĂȘ juis daarin dat elkeen se aanslag, onderwerpkeuse, stem, sin vir humor en wat hulle sĂȘ eie is aan daardie persoon. Dis daardie uniekheid waarna ons verlang wanneer iemand ver is.
âAs die gedagte aan so ân geskenk-opname jou opgewonde maak, stuur gerus ân e-pos na mariettesny@mweb.co.za - ek hoor graag van jou!â
Mariette.
Fotoâs: Unsplash en Pexels