Love & intimacy, Emotional health, Parenting Mariette Snyman Love & intimacy, Emotional health, Parenting Mariette Snyman

Seksuele identiteit: ‘n keuse, of meer kompleks en divers?

Kies mense hul seksuele oriëntasie? Watter 4 fasette behels seksuele identiteit? Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg belig wetenskaplike navorsing wat epigenetika insluit, seksuele vloeibaarheid en die uitsluiting van gay, transgender, interseks en ander mense - onder meer in ‘n geloofskonteks.

Read More

Raad vir ouers wat hoor hul kind is gay: hoe nou verder?

Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor die hantering van ‘n kind wat uit die kas kom, skok en skaamte, wanpersepsies rakende gay-wees, en die vrees vir verwerping en seksueel oordraagbare siektes. Sy gee raad - ook vir ouers wat ‘n geloofstryd beleef - en omlyn 7 stappe na die uiteindelike aanvaarding van ‘n kind se seksuele oriëntasie. Sensitiewe inhoud: dié gesprek is vir volwassenes bedoel.

Read More
Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman

Telepatiese kommunikasie met diere: is dit moontlik?

Sou jy graag wou weet wat jou huisdier dink of wil hê? Jenny Shone, ‘n ervare dieretelepatie-kommunikeerder, verduidelik dis nes ‘n nuwe taal wat jy aanleer. Sy praat oor die drie maniere waarop diere kommunikeer, die opsporing van vermiste diere, en hoe troeteldiere se gedrags- of gesondheidsprobleme gesinskwessies kan weerspieël.

Read More
Love & intimacy, Emotional health Mariette Snyman Love & intimacy, Emotional health Mariette Snyman

Egskeiding: hoe om iemand wat skei te ondersteun

Die besluit om te skei, die egskeidingsproses en die aanpassing daarná is emosioneel uitmergelend en behels groot praktiese uitdagings. As jy iemand in hierdie situasie wil bystaan, moet jy dit oordeelkundig doen. Pastorale terapeut ds. Braam Klopper verduidelik hoe jy van hulp kan wees, wat om nié te doen nie en hoe om vertroulike inligting te hanteer. Hy gee ook raad oor die geloofsworsteling wat egskeiding vir gelowiges kan meebring.

Read More
Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman Emotional health, Love & intimacy, Parenting Mariette Snyman

Hoe mans en vroue se rouproses na ‘n geliefde se dood verskil

Elke mens treur anders. Ds. Braam Klopper, pastorale terapeut en rouspesialis, verduidelik hoe die manier waarop iemand sterf en ander faktore ons hantering van smart beïnvloed. Ons moet ook verstaan dat mans en vroue droefheid verskillend verwerk. Begrip vir uiteenlopende roupatrone, sienings van lojaliteit en benaderings tot intimiteit maak dit makliker om mekaar te ondersteun.

Read More
Parenting, Love & intimacy, Emotional health Mariette Snyman Parenting, Love & intimacy, Emotional health Mariette Snyman

My kind is gay: 12 vrae wat ouers vra

Wanneer jy hoor jou dogter is lesbies of jou seun is gay, het jy sinvolle inligting en advies nodig. Dr. Marietjie van Loggerenberg, pastorale narratiewe terapeut, bespreek navorsing oor die oorsake van homoseksualiteit, wanopvattings en die vrees vir verwerping, opbouende kommunikasie, en die geloofstryd wat gelowige ouers (en hul gay kind) mag beleef.
Sensitiewe inhoud: bespreking van onder meer seksuele oriëntasie. Dié gesprek is vir volwassenes bedoel.

Read More
Emotional health, Parenting, Love & intimacy Mariette Snyman Emotional health, Parenting, Love & intimacy Mariette Snyman

Verstaan depressie: het jou geliefde die siekte van ons tyd?

Maatskaplike werker Annette de la Porte het nie net werkservaring van depressie nie, maar het 34 jaar met depressie in die huis saamgeleef. As jy oor iemand besorg is en self swaarkry, is Annette se verduideliking van wat in die brein gebeur, die simptome en die behandeling van depressie inssiggewend. Sy gee praktiese raad oor die emosionele en ander gevolge vir die persoon met depressie sowel as vir die huismense, en hoe om dit te hanteer.

Read More
Emotional health Mariette Snyman Emotional health Mariette Snyman

Kan die positiewe sielkunde jou lewenskwaliteit verhoog?

Wat is die positiewe sielkunde, en watter voordeel kan jy daaruit trek? Dr. Wilmien Human, kliniese sielkundige en senior dosent, praat oor praktiese maniere om algaande gelukkiger te leef. Navorsingsresultate wys dat hulpmiddels soos ‘n dankbaarheidsjoernaal op die lang duur stres kan verminder en ons fisieke gesondheid, immuunstelsel, verhoudings en vlak van tevredenheid ‘n hupstoot kan gee.

Read More
Parenting Mariette Snyman Parenting Mariette Snyman

Kan jy jou kind empatie leer?

Wat is empatie? Hoe verskil dit van simpatie? Wanneer is ouers skuldig aan “niebekragtiging”? Is daar mense wat nie empatie kan ervaar of toon nie? Dr. Ronél le Roux, emosionele intelligensiespesialis en terapeut, gee raad oor empatie in aksie en hoe om jou kind hierin te begelei.

Read More