🎧Nierversaking op 18: skok, geloof, hoop en ‘n tweede kans

Wat doen jy as as jou lewe in ’n oogwink verander weens ‘n ingrypende mediese toestand waarvan jy salig onbewus was? Henry du Plessis, wat in matriek moes hoor hy het slegs 6% nierfunksie, praat eerlik oor dialise, twee nieroorplantings en die gepaardgaande eensaamheid, onsekerheid en vrees. Hy deel die kronkels van sy geloofspad en wat hom gedring het om ‘n boek te skryf vir elkeen met ‘n behoefte aan hoop.    

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Henry en Mariette te luister, of die onderhoud deel of aflaai deur hierdie skakel te gebruik.

‍ ‍

In episode 267 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels Henry du Plessis, ‘n onderwyser en onafhanklike skrywer, oor

  • die wending wat sy lewe in matriek geneem het

  • dialise en ‘n moontlike nieroorplanting

  • die nierskenker: Veny, Henry se ma

  • “ek het nie ‘n nier gekry nie, maar sy het ‘n nier gegee”

  • 18 operasies

  • om die moed te kry vir ‘n volgende nieroorplanting

  • die lewe nĂĄ ‘n nieroorplanting

  • hoe Henry se ouma sy boek geĂŻnspireer het

  • die verhaal van die twee mossies

  • orgaanskenking

  • deurlopende gesondheidsuitdagings en die daaglikse gevaar van verwerping

  • God se werk agter die skerms.

Rol af vir meer inligting oor Henry en ‘My lewe in ‘n hartklop’.

Bestel My Lewe in ‘n Hartklop hier teen R300 plus koerierkoste

Lees ook Henry se antwoorde op 8 persoonlike vrae.

Meer oor Henry

Henry du Plessis is ‘n onderwyser, skrywer en redakteur van Bethlehem in die Oos-Vrystaat wat graag sy getuienis lewer.

E-pos: henryduplessis07@gmail.com

Instagram: henry_duplessis

Facebook: Henry du Plessis

Klik op “Home” hierbo en kyk watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele & fisieke gesondheid en lewensuitdagings & oorgange jou aandag trek. Teken in op my maandelikse nuusbrief vir inligting oor die jongste inhoud - warm uit die oond!

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Generiese foto: Pexels

Foto’s van Henry du Plessis: verskaf

Next
Next

🎧Jason Maidwell on being successful, but still unfulfilled: what was missing