Alzheimersiekte: maniere om die risiko te verminder
Lei veroudering en siekte noodwendig tot kognitiewe inperking? Nee, sê dr. Rayne Stroebel. Hy bespreek oorsake van Alzheimersiekte - wat onverwerkte trauma kan insluit, die rol van oorerflikheid, moontlike simptome en die versorging van mense met dié siekte. Rayne verduidelik hoe om breingesondheid te bevorder en watter praktiese leefstylveranderinge demensie kan help voorkom. Hierdie artikel het in die Maart 2024-uitgawe van ‘rooi rose’ verskyn.
Amore Bekker: engele, liefdesverhoudings en ouer word
Watter rol speel die onsienlike in ons lewe? Raakprater Amore Bekker verduidelik hoe energie ons gesondheid, romantiese verhoudings en ouer word beïnvloed. Sy brei uit oor rigtingwysers op ons pad, respek, genot en lyfstraf, stel haar jongste boek bekend, en verduidelik hoe sy haar beskermengel “inkatrol”.
Die trauma van knievervangings, ‘n heupvervanging en gordelroos
Het jy al met ‘n knievervanging, heupvervanging of gordelroos te doen gekry? Vermaaklikheidsjoernalis Martjie Roos deel haar pad hiermee: die fisieke en emosionele uitdagings, erge pyn, inperking van haar daaglikse funksionering, onafhanklikheid en selfvertroue - maar ook hoe haar geloof en die liefde van vriende en familie haar dra.
 
 
