Prof. Elain Vlok: die mite van aftrede en nuwe deure wat oopswaai

Beteken aftrede dat ‘n vaal, vervelige oudag wag? Prof. Elain Vlok praat oor hoe om jouself te herontdek, nuwe struktuur en betekenis aan jou lewe te gee en jou kennis, vaardighede en lewenswysheid anders te benut. Sy gee raad oor struikelblokke soos gesondheidsprobleme en die dood van geliefdes, asook innerlike uitdagings soos vrees, onsekerheid en ‘n gebrek aan selfvertroue of energie. Klein treetjies kan na ‘n dieper, meer betekenisvolle lewe lei.

elain-in-elegante-swart-pakkie-op-stoel

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Elain en Mariette te luister, of die onderhoud deel of aflaai deur hierdie skakel te gebruik.

‍ ‍

In episode 264 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels sosiale verantwoordelikheidsfilantroop, spesialis welstandsberader, huweliksbevestiger en motiveringspreker prof. Elain Vlok oor:

  • haar bedanking en aftrede, en waarom die skielike vryheid ontstellend kan wees

  • “ek het nie ophou werk nie, maar ophou jaag”

  • haar werk as spesialiswelstandsberader binne die konteks van narratiewe terapie

  • raad indien iemand in hierdie lewensfase twyfel aan wie en wat jy is

  • die hantering van struikelblokke waarvan Elain self ervaring het: gesondheidsuitdagings, die dood van geliefdes, misdaad en ander traumatiese ervarings

  • haar raad vir iemand wat onseker is oor wat hulle kan doen of hoe hulle kan bydra

  • haar advies vir iemand met te min selfvertroue om iets nuuts aan te pak

  • haar raad vir iemand met te min energie om deur ‘n nuwe deur te stap

  • om te kan sien waar daar nood is en op te tree

  • die geheim: begin klein

  • Elain se onwrikbare geloof

  • “wees betekenisvol eerder as indrukwekkend.”

In haar Up Close & Personal-artikel beantwoord Elain 8 persoonlike vrae - met foto’s.

Elain by een van haar mosaïekwerke

Meer oor Elain

Prof. Elain Vlok is ‘n sosiale verantwoordelikheidsfilantroop, spesialis welstandsberader, huweliksbevestiger en motiveringspreker van Mosselbaai. Sy is die voormalige bestuurder van die Clover Mama Afrika-trust en het talle plaaslike en internasionale toekennings ontvang.

E-posadres: proffie8@gmail.com

Klik op “Home” hierbo en kyk watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele & fisieke gesondheid en lewensuitdagings & oorgange jou aandag trek. Teken in op my maandelikse nuusbrief vir inligting oor die jongste inhoud - warm uit die oond!

You can also listen to Elain speaking on the secrets of successful community service, a podcast she recorded with Mariette while still spearheading Clover Mama Afrika.

Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman

Hooffoto: Unsplash

Foto’s van prof. Elain Vlok: verskaf

Next
Next

🎧Alta Rens: Why leadership is a nervous system experience