Leef vol lewenslus - uitdagings ten spyt
Die verlies van ‘n lewensmaat, ouer word, die stryd om oorlewing en ‘n pynlike siektetoestand kán met grasie hanteer word. Marina Beukes, besigheidsvrou en maatskaplike werker, deel haar inspirerende benadering.
Meestal moeg? Só skep jy gesonde grense
Voel dit soms of jy net gee en gee? Die begrippe “other-centeredness” en “adult child” is dalk op jou van toepassing. Dié insigte en selfsorgwenke kan uitbranding voorkom.
Neuroterapie: opleiding vir jou brein
Brain Harmonics is ‘n vorm van EEG-bioterugvoer wat jou brein leer om die mees toepaslike breingolwe te vervaardig. Dit kan volwassenes én kinders help om ongewensde toestande te verlig, prestasie te verbeter, slegte gewoontes af te skud en lewensgehalte te verhoog. Hoe werk neuroterapie? Hoekom het ons dit nodig? Is dit veilig?
Maak kreatiwiteit só deel van jou lewe
Ons fokus dikwels eerder op ons uitkomsgerigte linkerbreinkant, wat alles wat ons doen evalueer pleks van op ons intuïtiewe regterbreinkant, wat nie omgee of iets reg of verkeerd is nie. Voorligtingsielkundige Eleen Polson verduidelik hoe jy jou skeppende self deur klank, beweging of proseskuns kan stimuleer.