Dr. Jireh Serfontein: verlief op haar veld

Dr. Jireh Serfontein, mediese dokter wat uitsluitlik op seksuele gesondheid fokus, praat oor die normalisering van seks, die algemeenste seksuele klagtes, en daardie soettand.

dr-jireh-serfontein-in-consulting-rooms

1. Jy is ’n algemene praktisyn wat op seksuele gesondheid fokus. Hoe het jy in hierdie spesifieke veld beland?

Ek het nog altyd belang gestel in ginekologie. Ná my gemeenskapsdiens wou ek graag verder studeer om ’n ginekoloog te word maar daar was nie poste oop nie. Ek het toe van dr. Elna Rudolph gehoor en met haar gesels. Sy het my van seksuele gesondheid vertel en ek was dadelik verlief op die veld. Ek het in 2013 begin werk by MySexualHealth, ’n multidissiplinêre span seksuele gesondheidskundiges met spreekkamers in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad.


2. Wat sien jy as die doel van jou werk?

Almal het die reg om ’n gesonde sekslewe te lei, dit is deel van ons basiese menseregte. My doel is om seker te maak dat elke pasiënt wat voor my sit se seksuele regte ten volle gevul word. Dit beteken gesonde seks, pynvrye seks en lekker seks.


3. Baie mense praat moeilik oor seks. Hoe kry jy dit reg om so gemaklik met die onderwerp om te gaan?

Ek dink jy raak maar gewoond daaraan. Ek sien myself as ’n baie gemaklike mens en ek probeer om seks te normaliseer. Dit is deel van almal se lewens, so daar is geen rede om ongemaklik daaroor te wees nie.

Jireh unpacks the different forms of contraception to help each woman make the very best choice.

4. Is daar ’n groot behoefte aan inligting oor seksuele gesondheid by die mense met wie jy te doen kry?


Absoluut! Daar is baie mites oor seks daar buite. Die inligting waaraan ons elke dag op die media blootgestel word, laat dit lyk asof dinge altyd maanskyn en rose is, maar dit is nie waar nie. Mans en vrouens se seksualiteit verskil en as jy die verskille verstaan, besef baie vroue dat hulle eintlik nie so abnormaal is soos wat hulle dink nie.

Jireh explains how the Corona pandemic has influenced our intimate relationships.


5. Met watter klagtes kom vroue dikwels na jou?

daar-is-raad-vir-seksuele-pyn.jpg

Ek sien baie vroue wat kla oor ’n lae seksdrang. Daar is so baie wat ’n mens daaraan kan doen as jy mooi na die oorsake gaan kyk. Seksuele pyn is ook baie algemeen, ek sien dit elke dag in my praktyk.

Foto Pexels

6. Wat is die algemeenste kwessies onder tienermeisies of jonger vroue?


Kontrasepsie is nogals iets wat gereeld opkom met die jonger vroue. Baie dames begin met die pil en ervaar dan heelwat newe-effekte. Dinge soos lae seksdrang, vaginale droogheid en seksuele pyn is iets wat ek baie onder jonger vroue sien, en die meeste van die tyd is dit as gevolg van die pil. Ons gesels dan oor ander vorms van kontrasepsie.

One in five women experience pain during sexual intercourse. Here is Jireh’s expert advice.

Listen to Jireh’s advice on the sensitive issue of erectile dysfunction.


7. Watter probleme sien jy dikwels onder die mans wat jou kom spreek?


Die algemene seksuele klagtes onder mans is erektiele disfunkie, premature ejakulasie, asook lae libido. Ons sien gereeld dat die klagtes as gevolg van lae testosteroonvlakke is.

8. Vertel ons meer van jouself: van jou gesin.


Ek is baie gelukkig getroud met twee kinders. My man is wonderlik, hy ondersteun my in alles wat ek doen. My twee seuntjies is ’n groot seën en ek is bederf om elke dag tyd saam met hulle te kan deurbring. Ons het twee bulldogs, wat maar soos kinders in die huis is, en dan ook ’n African Grey wat ons lekker geselskap hou.


9. Hoe kry jy ’n loopbaan saam met jou man en kinders en familie en vriende ingepas?

Soos ek sê, my man ondersteun my. Sonder hom sou ek beslis nie al die balle in die lug kon
hou nie. Ek is gelukkig dat ek nie voldag hoef te werk nie, dit maak dat daar darem tyd is
om by alles en almal te kan uitkom.

Jireh talks about premature ejaculation, a distressing condition which is, in fact, easy to treat.

Also listen to Jireh’s advice on managing sexually transmitted infections, including the stigma, shame and “STI phobia”.


10. Wat is jou grootste lekkertes en ook drome vir die toekoms?

Ek is baie lief vir my gesin, so enige tyd saam met hulle is beslis my grootste bederf. Ek het dan ongelukkig ook ’n vreeslike soettand, so enigiets met sjokolade geniet ek baie.

jireh-draf-en-roei-graag.jpg

Ek is mal oor die buitelewe, ek draf en roei om aan die gang te bly.

Foto Unsplash

Uhm, my drome vir die toekoms? Ek wil graag verder studeer om nog ’n ekstra graad in seksuologie te kry deur die Europese Organisasie van Seksuele Medisyne. Om die Comrades te hardloop is ook hoog op my “bucket list”.

Kontakdetail

Dr. Jireh Serfontein: 012 816 8240, admin@mysexualhealth.co.za of http://drjirehserfontein.co.za/

Hierdie artikel het oorspronklik verskyn op www.rooirose.co.za

Foto van dr. Jireh Serfontein: verskaf

Ander foto’s: Unsplash, tensy anders aangedui.

Previous
Previous

Dr. Wilmien Human oor ja (of nee) en ma-wees tydens die Covid-19 pandemie

Next
Next

Dr. Elna Rudolph: “@sexologistmom”