Dr. Elna Rudolph: “@sexologistmom”

Dr. Elna Rudolph, mediese dokter en seksuoloog, vertel hoe sy voel oor haar man en kinders, hoe sy ma-wees as selferkende werkolis hanteer, en hoe ma’s hul kinders op intieme verhoudings kan voorberei.

dr-elna-rudolph-seksuoloog.jpg

1. Jy is ’n mediese dokter, seksuoloog en selferkende werkolis met ’n gesin. Vertel ons ’n bietjie meer!


Kyk, ek het my man en my kinders van die Here gesmeek. Ek het ’n moeilike pad gestap om te wees waar ek vandag is en waar ek hierdie twee kindertjies in my lewe het, en ’n goeie man wat wonderlik ondersteunend is ten opsigte van my loopbaan en my die geleentheid gee om te doen wat ek doen. Ek het ’n dogtertjie wat nou twee jaar oud is, Nandi Mari, en ’n vierjarige dogtertjie, Nina Neo. Ons het hulle altwee Afrika-name gegee - they are children of Africa. Nandi was koning Shaka se ma se naam, en in Sotho beteken Neo a gift, maar in die sin van an act of God. Ná bitter swaar jare van sukkel om kinders te kry, was ek en my man op Mount Everest vir sy veertigste verjaardag. Nie tot bo nie, net in die basiskamp. Dit was regtig ’n pelgrimstog. En ’n maand later het ek swanger geraak.


2 Wat het ma-wees jou geleer?


Om te kalmeer, sou ek sê.

workaholic-mom.jpg

Ek is ’n absolute workoholic, en ek leer elke dag nog om net ’n bietjie stadiger te gaan en daai oogkontak te maak en wegkruipertjie te speel en geselsies aan te knoop en te verf wanneer ‘n dogtertjie wil verf.

Foto Unsplash

Ek is so taakgeoriënteer, en dit maak my gejaagd. Ma-wees het my geleer om die lewe net ’n bietjie stadiger te vat en rêrig hierdie twee lyfies te waardeer.

What should women know about sex and menopause? Elna lets us know.


3 Hoe balanseer jy jou werk en jou gesin?


Ek werk net soggens en ek probeer eintlik om net vier dae per week en drie weke per maand pasiënte te sien, en die res van die tyd by ander belangrike goeters uit te kom. As jy ’n dokter is en jou tyd verkoop, dan dink jy dit kos jou ’n paar duisend rand om jou dogtertjie se tee by die skool te gaan bywoon. Maar as jy die besluit geneem het om elke week ’n dag uit te sit om ook by ander belangrike dinge uit te kom, is dit ’n bietjie makliker. Ek het nie ’n mooi nuwe badkamer in my huis nie en ek ry nie ’n splinternuwe kar nie, maar ek probeer om nie so hard te werk nie sodat ek darem my kindertjies ook kan geniet en nie ’n totale tiran is teen die tyd dat my man saans by die huis kom nie.

Interested in the finer nuances of Sexual Etiquette? Read Elna’s tips here.


4 Wat is jou gunstelingmaniere van ontspan?


’n Slim manier om te ontspan, is om werk te doen! Dit is ongelukkig die realiteit van ’n workoholic. As jy vir my sê: ‘Elna, jy kan nou doen net wat jy wil’, dan sal ek baie graag drie of vyf ure gaan sit en my emails doen en aan alles aandag gee waaraan ek aandag wil gee.

wat-elna-rudolph-regtig-laat-ontspan.jpg

Wat ek wel doen om te ontspan: ek speel met my kindertjies, en een ding wat my regtig laat ontspan is om te stap - veral as ek ’n lang stap kan doen en nie net ’n uur om die blok gaan stap nie, maar regtig vir dae aanmekaar kan stap en weer connected kan raak met myself.

Foto: Unsplash




5 Wat is die beste ding wat ’n ma kan doen om haar seun of dogter op intieme verhoudings voor te berei?


Die beste ding wat ’n ma kan doen is om haar kinders ’n baie, baie goeie seksuele opvoeding te gee. Een van die grootste risikofaktore vir seksuele disfunksie as volwassene is slegte seksopvoeding. Ma’s dink as hulle met hulle kinders praat, gaan dit hulle lus maak vir seks. Glo my, om met jou ma te praat oor seks maak jou nie lus vir seks nie, dit freak die kind meer uit – maar dit gee vir hulle goeie informasie. Jy moet besef jou kind word volgepomp met informasie oor seks deur die media en goeters wat hulle by maatjies hoor. As jy nie jou weergawe vir hulle gaan gee nie, moet jy maar tevrede wees met dit wat die wêreld na hulle kant toe gooi, en die kwaliteit daarvan is bedenklik. Jy moet ’n oop verhouding met jou kind hê en met hulle oor seksuele gesondheid praat. Jy moet maar gewoond raak daaraan, so begin dit stelselmatig doen vandat hulle klein is. Met my oudste moes ék leer om haar te vertel haar vulva is haar vulva en nie een of ander snaakse naampie nie. Dit was vir my ook weird om vir ’n klein kind te sê dis ’n vulva, en die meeste grootmense het nie geweet waarvan sy praat nie, maar dis ’n stap om eerlik en opreg te wees oor seksualiteit.

Omdat sy dikwels met transmense werk, verduidelik Elna hoe ander hulle met deernis kan hanteer.


6 Hoe kan ’n ouer die kommunikasiekanale oop hou?

die-kommunikasiekanale-moet-oop-wees.jpg

Dit gaan maar net daaroor dat jy nie ooglopend ongemaklik voorkom as jou kind met jou oor iets praat nie. Jy moet nonchalant probeer wees, asof jy besig is om te gesels oor enige ander onderwerp, soos wat interessant is in Amerika.

Foto Unsplash


As kinders agterkom dat hulle jou ongemaklik maak, gaan hulle intuïtief minder met jou daaroor praat. Hoe gemakliker jy lyk, hoe beter, en dit gaan oefening verg!


Kontakbesonderhede:

Dr. Elna Rudolph is ‘n mediese dokter en seksuoloog en die kliniese hoof van My Sexual Health, die grootste multi-dissiplinêre span seksuele gesondheidskundiges in Suid-Afrika, met kantore in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad. Sy is die president van die World Association for Sexual Health (WAS) en is verbonde aan die Southern African Sexual Health Association (SASHA).


Tel. 011 568 4844
www.DrElnaRudolph.com
www.MySexualHealth.co.za
Facebook @Dr Elna Rudolph – Sexologist
Instagram @sexologistmom


Hierdie artikel het oorspronklik op www.rooirose.co.za verskyn.

Foto van dr. Elna Rudolph verskaf

Ander foto’s: Unsplash





Previous
Previous

Dr. Jireh Serfontein: verlief op haar veld

Next
Next

Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling: driedimensionele skilderye en nuuskierigheid