Leilani Snyman Kuter oor hare wat nie uitval nie, die aandelebeurs en ‘n ‘blind date’

‘n Entrepreneur skryf oor wat elke vrou van tyd tot tyd moet dra, om op jou voete te kan dink, angstigheid en watervalle.

1 Jy’s ‘n planmaker. Kom dit van kleintyd af?

Ja beslis, my ma het altyd gesê ek is anders en gegrap “sy weet nie waar ek vandaan kom nie” 😊 Ek dink ook dit is maar hoe ek groot geword het, omdat jy moes vir jouself moes kon dink en ek is iemand wat op my voete kan dink.

 

2 Jy het werksondervinding in ‘n groot verskeidenheid velde. Jy’t ook in 2001 in Kalifornië gewerk. Wat het jy daar gedoen?

Toe ek 26 was, het ek daar vir ‘n Suid-Afrikaner op die aandelebeurs gewerk, m.a.w. elke dag van 6 vm tot 1 nm. Ons was ‘n span wat makelaars regoor die VSA gebel en vertel het van die stock wat beskikbaar was sodat hulle dit aan hulle kliënte kon voorstel - Pink Sheet Stocks, Bulletin Board,  NASDAQ. Ek het smiddae vir Beverley & Jonathan Davimes gewerk. Hulle is ook Suid-Afrikaners. Ek het vir hulle juweliersware verpak en soms na hulle huis gekyk wanneer hulle gereis het.

Luister hier na Leilani oor hoe sy die oppe en veral die awwe van die lewe hanteer, terwyl sy haar lewenslus en geloof behou - en aanhou groei.
 

3 Watter soort verhouding het jy met lipstiffie?

O ek lief ‘n bloedrooi lipstiffie, ek dink elke vrou moet van tyd tot tyd rooi dra. Dit gee jou selfvertroue en dis sexy.

  

leilani-en-roelie-kuter

4 Waar het jy en jou man, Roelie, mekaar ontmoet?

Ons het in 1998 op ‘n blind date ontmoet en toe elkeen ons eie gang gegaan. In April 2010 het ons mekaar vir aandete ontmoet en ons is op 9 Maart 2013 getroud.

  

5 Vertel van julle honde!

Zsa Zsa was ons oudste, Zara ons middelhond, en Zoe die jongste. Zsa Zsa (13) is vroeër vanjaar oorlede. Dit was vir ons baie moeilik. Riley is nou 18 weke. Ons is mal oor Schnauzers want hulle hare val nie uit nie, en hulle is die liefdevolste honde. Hulle is ons alles. Al drie is wyfies.

  

6 Jy’s lief vir die natuur. Hoe voed dit jou?

Ek is baie lief vir die natuur, veral waar daar watervalle is. Dit maak my rustig, veral omdat ek met angs sukkel en ‘n gejaagde geaardheid het.

 

7 As jy enige plek op aarde vakansie kon hou, waar sou dit wees?

Praag.

 

8 Watter ideale koester jy vir jou lewe vorentoe?

Ek sal graag ‘n sabbatical wil vat en ‘n jaar lank deur die hele Suid-Afrika reis, en elke thrift winkel besoek.

Meer oor Leilani

Leilani Snyman Kuter is ‘n entrepreneur van  Johannesburg.  “As die gesig van Krulkop-hub,” sê sy, “kombineer ek kreatiwiteit met strategie en vervaardig ek inhoud wat prettig, vreesloos en ROI- (opbrengs op belegging) gedrewe is. Sedert 2006 het ek handelsmerke gebou, impakvolle veldtogte gedryf (insluitend vir Ontbytsake op kykNET) en bewys dat ek nie net kreatief is nie, maar ook strategies, vasberade en 'n krag om mee rekening te hou.”

Moxie te koop op https://www.krulkop74.co.za/

Vroetel tydskrif gratis beskikbaar op https://www.krulkop74.co.za/

Facebook: https://www.facebook.com/KrulKopHub/

YouTube: youtube.com/%40krulkophub

TikTok: https://www.tiktok.com/@krulkophub

WhatsApp-kanaal: https://whatsapp.com/channel/0029Vb5HX9kHLHQX1o6O963h

LinkedIn: Leilani Snyman Kuter

Kairos Prison Ministry: https://kairosministry.org.za/

Leilani se onderhoud met Brett Shuttleworth: https://www.youtube.com/watch?v=ia1WmDWw_ic

  

Hooffoto: Pexels

Foto’s van Leilani: verskaf

 

 

 

Previous
Previous

Dr Vasu Tolia on dramatic skies, serving neurodivergent communities, and poetry in colour 

Next
Next

Annette Zeelie on 12 Midmar Miles and a love affair with date rolls