Leilani Snyman Kuter: entrepreneurskap, depressie, menopouse, opregtheid en kasterolie
Hoe hanteer jy die oppe en veral die awwe van die lewe - terwyl jy jou lewenslus en geloof behou? Entrepreneur en planmaker Leilani Snyman Kuter van Krulkop-Hub praat oor haar loopbaan, hartsmense, ‘n random geaardheid, finansiële druk, sakewenke, ‘n dik vel, thrifting en groei.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Leilani en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 233 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels entrepreneur Leilani Snyman Kuter oor
haar loopbaan wat op 15 begin het
of sy ‘n natuurlike verkoopsvrou is
nuwe besigheidsidees, strategieë, risiko en bemarking
die kenmerke van ‘n goeie entrepreneur
haar tydskrifte, MOXIE en Vroetel
oor teruggee aan die gemeenskap
Leilani se ouers en “huismaats”
wat ons laat groei
Brett Shuttleworth en sy Awakening Mastermind Course and Retreat
geloof as haar anker.
Rol af vir meer inligting oor Leilani.
Klik op “Home” hierbo en kyk watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele & fisieke gesondheid en lewensuitdagings & oorgange jou aandag trek. Teken in op my maandelikse nuusbrief vir inligting oor die jongste inhoud - warm uit die oond!
In haar Up Close & Personal-artikel beantwoord Leilani 8 persoonlike vrae.
Leilani se “note to self” wat sy in die opname noem ;-)
Meer oor Leilani
Leilani Snyman Kuter is ‘n entrepreneur van Johannesburg. “As die gesig van Krulkop-hub,” sê sy, “kombineer ek kreatiwiteit met strategie en vervaardig ek inhoud wat prettig, vreesloos en ROI- (opbrengs op belegging) gedrewe is. Sedert 2006 het ek handelsmerke gebou, impakvolle veldtogte gedryf (insluitend vir Ontbytsake op kykNET) en bewys dat ek nie net kreatief is nie, maar ook strategies, vasberade en 'n krag om mee rekening te hou.”
Moxie te koop op https://www.krulkop74.co.za/
Vroetel tydskrifte gratis beskikbaar op https://www.krulkop74.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/KrulKopHub/
YouTube: youtube.com/%40krulkophub
TikTok: https://www.tiktok.com/@krulkophub
WhatsApp-kanaal: https://whatsapp.com/channel/0029Vb5HX9kHLHQX1o6O963h
LinkedIn: Leilani Snyman Kuter
Kairos Prison Ministry: https://kairosministry.org.za/
Leilani se onderhoud met Brett Shuttleworth: https://www.youtube.com/watch?v=ia1WmDWw_ic
Luister ook na die bekroonde romanskrywer Chanette Paul oor die skryf van vurige tonele, haar eie ervaring van prekognisie en haar jongste roman, Déjà Vu, wat afspeel op ‘n plek “waaroor selfs die engele bedenkinge het.”
Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is beskikbaar op Apple Podcasts, Spotify, Pocket Casts, Player FM and Iono.fm – teken gerus in.
Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Pexels, model gebruik
Foto’s van Leilani: