Chanette Paul: ‘n nuwe roman, passievolle tonele en wanopvattings oor skryf
Ná 51 romans daag moedswillige karakters, vertwyfeling en die gevaar van selfplagiaat haar steeds uit, sê die bekroonde romanskrywer Chanette Paul. Sy praat oor haar jongste roman, “Déjà Vu,” die onvoorsiene verband tussen haar storie en ‘n moord in Australië, die skryf van vurige tonele en haar eie ervaring van prekognisie. Chanette verduidelik hoe die debat oor die waarde van Afrikaanse literêre werk versus ontspanningsfiksie benader kan word en wys op ‘n wanopvatting rakende skrywers wat dalk nét gegrond is...
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Chanette en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 224 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels topverkoper-romanskrywer Chanette Paul oor
Chanette en haar geliefde, Ernie Blommaert, se verhuising in 2022 en die vonk vir Déjà Vu
‘n plek “waaroor selfs die engele bedenkinge het”
die skryf van Déjà Vu: rampies, brain fog, navorsing en lig trap
vreemde samehang: Monty White, “gifbekers,” Beef Wellington en Erin Patterson
Chanette se déjà vu- en prekognisie-ervarings
“nee, dit was nie die skryfgogga nie” en weer probeer ná 20 jaar
genres: Chanette se voorliefdes
“verlief gebore” en “regte, egte liefde”
hoe Chanette dit regkry om visueel én in goeie smaak oor die vuurwerke tussen man en vrou te skryf
die stigmatisering van Afrikaanse ontspanningsfiksie
“skryf is werk:” ‘n eensame pad, redigering en keurverslae
mites oor skryf en skrywers
faalangs, imposter syndrome en selfplagiaat
hoe om skrywers te ondersteun.
Rol af vir meer inligting oor Chanette en Déjà Vu.
Klik op “Home” hierbo en kyk watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele & fisieke gesondheid en lewensuitdagings & oorgange jou aandag trek. Teken in op my maandelikse nuusbrief vir inligting oor die jongste inhoud - warm uit die oond!
Déjà Vu deur Chanette Paul (Penguin Random House South Africa, 2025) is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels en eersdaags as e-boek op www.lapa.co.za
Flapteks: Wat skuil agter die Sheldon-fortuin? Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag. Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs. Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ... Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.
Meer oor Chanette
Chanette Paul is ‘n veelbekroonde romanskrywer en woon in Groot-Brakrivier.
Sedert 1996 het sy - afgesien van tydskrifverhale, agterbladstukke en so meer - 51 romans geskryf. Dit sluit 21 romanses, historiese liefdesromans, spannings- en romantiese spanningsfiksie en ‘n roman met ‘n literêre inslag in.
Chanette behaal ‘n Hoër Onderwysdiploma, ‘n BA Honneursgraad, ‘n meestersgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en ‘n meestersgraad in skeppende skryfkuns met lof.
Volg Chanette op Facebook: Chanette Paul en Chanette Paul English
Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is beskikbaar op Apple Podcasts, Spotify, Pocket Casts, Player FM and Iono.fm – teken gerus in.
Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van Chanette Paul: Magda Freylinck