đ§Chanette Paul: ân nuwe roman, passievolle tonele en wanopvattings oor skryf
NĂĄ 51 romans daag moedswillige karakters, vertwyfeling en die gevaar van selfplagiaat haar steeds uit, sĂȘ die bekroonde romanskrywer Chanette Paul. Sy praat oor haar jongste roman, âDĂ©jĂ Vu,â die onvoorsiene verband tussen haar storie en ân moord in AustraliĂ«, die skryf van vurige tonele en haar eie ervaring van prekognisie. Chanette verduidelik hoe die debat oor die waarde van Afrikaanse literĂȘre werk versus ontspanningsfiksie benader kan word en wys op ân wanopvatting rakende skrywers wat dalk nĂ©t gegrond is...
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Chanette en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 224 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels topverkoper-romanskrywer Chanette Paul oor
Chanette en haar geliefde, Ernie Blommaert, se verhuising in 2022 en die vonk vir Déjà Vu
ân plek âwaaroor selfs die engele bedenkinge hetâ
die skryf van Déjà Vu: rampies, brain fog, navorsing en lig trap
vreemde samehang: Monty White, âgifbekers,â Beef Wellington en Erin Patterson
Chanette se déjà vu- en prekognisie-ervarings
ânee, dit was nie die skryfgogga nieâ en weer probeer nĂĄ 20 jaar
genres: Chanette se voorliefdes
âverlief geboreâ en âregte, egte liefdeâ
hoe Chanette dit regkry om visueel én in goeie smaak oor die vuurwerke tussen man en vrou te skryf
die stigmatisering van Afrikaanse ontspanningsfiksie
âskryf is werk:â ân eensame pad, redigering en keurverslae
mites oor skryf en skrywers
faalangs, imposter syndrome en selfplagiaat
hoe om skrywers te ondersteun.
Rol af vir meer inligting oor Chanette en Déjà Vu.
Klik op âHomeâ hierbo en kyk watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele & fisieke gesondheid en lewensuitdagings & oorgange jou aandag trek. Teken in op my maandelikse nuusbrief vir inligting oor die jongste inhoud - warm uit die oond!
Déjà Vu deur Chanette Paul (Penguin Random House South Africa, 2025) is beskikbaar by toonaangewende boekwinkels en eersdaags as e-boek op www.lapa.co.za
Flapteks: Wat skuil agter die Sheldon-fortuin? Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teĂ«: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ân paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag. Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs. Kort nĂĄ Zabeth se aankoms gebeur daar nog ân ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ... Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.
Meer oor Chanette
Chanette Paul is ân veelbekroonde romanskrywer en woon in Groot-Brakrivier.
Sedert 1996 het sy - afgesien van tydskrifverhale, agterbladstukke en so meer - 51 romans geskryf. Dit sluit 21 romanses, historiese liefdesromans, spannings- en romantiese spanningsfiksie en ân roman met ân literĂȘre inslag in.
Chanette behaal ân HoĂ«r Onderwysdiploma, ân BA Honneursgraad, ân meestersgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en ân meestersgraad in skeppende skryfkuns met lof.
Volg Chanette op Facebook: Chanette Paul en Chanette Paul English
Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is beskikbaar op Apple Podcasts, Spotify, Pocket Casts, Player FM and Iono.fm â teken gerus in.
Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van Chanette Paul: Magda Freylinck