Hoekom ‘n seun moet voel hy’t ‘n pa

Meer as 60% van die kinders in Suid-Afrika word sonder ‘n pa groot. Dan is daar seuns met pa’s wat fisiek teenwoordig is, maar op ander vlakke afwesig. In sy boek Seuns sonder pa’s ondersoek joernalis Julian Jansen die oorsake en gevolge van hierdie diep verwonding en vertel hy die verhaal van sy eie pa: die held, maar ook die skurk van hulle gesin. Julian gesels met Mariette Snyman oor sy boek, nuwe navorsing oor vaderloosheid, en praktiese en geestelike oplossings vir hierdie vraagstuk.

Julian Jansen

Julian Jansen

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Julian en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 8 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat Julian oor

  • wat ‘n seun van ‘n pa of vaderfiguur nodig het

  • die verskillende vorms wat verwerping kan aanneem

  • wat mentors - van familielede tot sportafrigters - vir ‘n seun kan beteken

  • seuns, die kwessie van “gevaarlik leef” en wilderniservarings

  • hoekom sommige seuns by bendes aansluit

  • praktiese wenke vir mans wat voel hul pa het hulle in die steek gelaat

  • wat enkelma’s moet onthou

  • Julian se drie beste wenke oor hoe om die beste leeromgewing vir jou seun te help skep.

Klik gerus op “Home” en ontdek die groot verskeidenheid gratis artikels en potgooie oor inniger liefdesverhoudings, ouerskapkwessies wat pla, beter emosionele gesondheid en hoe om verskeie uitdagings aan te pak - of gebruik die Soekfunksie (soek in Engels of Afrikaans).

Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.

Seuns-sonder-pas-lux-verbi.jpg

Beskikbaar by https://www.nb.co.za/af/luxverbi

Lees ook hoe ‘n mentorskaporganisasie met hul hoofkantoor in Gauteng seuns sonder betrokke pa’s benader.


Kontakbesonderhede

Julian Jansen is ‘n joernalis by Rapport, skrywer van Die De Zalze-moorde, oud-onderwyser en voormalige provinsiale woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid van die Strand.

Faceboekblad: https://www.facebook.com/seunssonderpas

 

Here are 3 reasons why being a dad may be hard.

Musiek deur Mart-Marie Snyman

Foto: Unsplash. ‘n Model is gebruik

Foto van Julian Jansen: verskaf

Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.

Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.

Previous
Previous

Bullying affects children and adults: how this can be approached

Next
Next

How to trust yourself around food