đ§Julian Jansen: ân bietjie 60 wees, innige liefde en aftree of nie
Joernalis Julian Jansen praat openhartig oor die lewe nĂĄ 60 â ân ander werksritme, ân nuwe benadering teenoor toksiese mense en Cecelia Jacobs, die ânommerpas vrou.â Hy gesels oor sy 3 grootste persoonlike traumas, hoe om ân konstruk van lewensuitdagings in groei en persoonlike geluk te omskep, en die wens om jou kinders in jou hande te hou.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Julian (saam met Cecelia hierbo) en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 201 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat vryskutjoernalis, skrywer en oud-onderwyser Julian Jansen oor
hoekom 60 vir Julian onkant betrap het
die inspirasie en trauma verbonde aan sy loopbaan as joernalis
sy hart vir gesonder gesinne en sterker gemeenskappe
uitdagings waarmee huisgesinne te doen kry
drie lewenstraumas wat Julian ervaar het: ân emosioneel afwesige pa, onregmatige afdanking en sy vrou se skielike dood
mooiweersvriende en ân Gideonsbende
âom te treur, is die prys wat jy betaal vir liefdeâ
Julian se raad vir mense wat trauma beleef
hoe Julian en Cecelia Oppel-Jacobs ontmoet het en hoe hy die jawoord gevra het
Cecelia se lewe as enkelma en haar kankerstryd
die verhouding tussen ân pa en sy seuns
twee nuwe boeke by NB Uitgewers (in Maart 2025 nog in die pyplyn).
In dié episode noem Julian die opvoedkundige sielkundige Quinton Adams - die shack builder - en rugbyman Damian Willemse.
Rol af vir meer inligting oor Julian en sy boeke.
Following her fairytale wedding to Julian, Cecelia speaks to Mariette on being a single mom, navigating breast cancer, and finding a man who looked beyond her scars and saw her heart. With photographs.
Luister ook na Julian se gesprek met Mariette oor sy boek âSeuns sonder paâsâ.
Beskikbaar by https://www.nb.co.za/af/luxverbi
Hier skryf Julian hoekom seuns - Ă©n volwasse mans - behoefte het aan ân gerusstellende manlike teenwoordigheid.
Klik gerus op âHomeâ en ontdek die groot verskeidenheid gratis artikels en potgooie oor inniger liefdesverhoudings, ouerskapkwessies wat pla, beter emosionele gesondheid en hoe om verskeie uitdagings aan te pak - of gebruik die Soekfunksie (soek in Engels of Afrikaans).
Meer oor Julian
Julian Jansen is ân vryskutjoernalis by Rapport en Kuier, skrywer van Die De Zalze-moorde en Moord op Stellenbosch (albei ook in Engels beskikbaar) sowel as Seuns sonder paâs, oud-onderwyser en voormalige provinsiale woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid van die Strand.
E-posadres: julian.jansen7140@gmail.com
Facebook: https://www.facebook.com/julianjansenjournalist
Faceboek: https://www.facebook.com/seunssonderpas
Julian se jongste boek, Die stasiemoordenaar, is vroeg in April 2026 op die rak in alle groot boekwinkels - ook aanlyn, onder meer by Graffiti Boeke.
Julian se âDie moord op Deveney Nelâ is op 30 Junie 2025 op die rakke - ook in Engels beskikbaar. Meer inligting by https://www.nb.co.za/en/view-book?id=9780624091974
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Generiese foto van paartjie (modelle is gebruik): Unsplash
Fotoâs van Julian en Cecelia: verskaf