Jou onbewuste kan keer dat jy gewig verloor

Hoewel die persepsie dat maer wees gelyk is aan mooi wees toenemend vervaag, bly gewigsverlies om gesondheids- en ander redes vir baie mense belangrik. Opvoedkundige sielkundige Karin Bronkhorst praat oor die verband tussen emosies en eetpatrone, wanneer ‘n gebrek aan selfbeheersing geen rol speel nie, wat hipnoterapie behels en hoe die behandeling van kwessies soos trauma tot gesonder gedragspatrone kan lei.  

karin-bronkshorst-sielkundige

Karin Bronkhorst

In haar gesprek met Mariette praat Karin oor

  • wanneer jou onbewuste nie die hoofrolspeler in gewigsverlies is nie: faktore om uit te skakel

  • wat die onbewuste is en hoe dit werk

  • voorbeelde van programme in die onbewuste wat gewigsverlies kan verhoed

  • hoe seksuele trauma en ander vorms van trauma in die lyf kan gaan lê

  • wat hipnoterapie behels, wanpersepsies van hipnoterapie en wat kliënte kan verwag

  • die voordele daaraan verbonde om onbewuste programme na die bewussyn te bring.

Hierdie episode is oorspronklik opgeneem vir rrRADIO, die podsendingsplatform van rooi rose.

Kontakdetail

Karin Bronkhorst is ‘n opvoedkundige sielkundige van Sandton, Johannesburg. Sy fokus onder meer op die behandeling van trauma, EMDR, kliniese hipnoterapie, sandspel-terapie en spelterapie.

Tel. 071 871 4859

E-posadres reception@karinbronkhorst.co.za

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!


Musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash. Model gebruik.
Foto van Karin Bronkhorst: verskaf.

Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.

Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), die gratis AKESO hulplyn bel by 086 143 5787 (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.

Previous
Previous

The key to developing self-esteem, self-worth and self-love

Next
Next

Communication between head, heart and gut: listening and understanding