Mariette en Mart-Marie se ma-en-dogter hartsgesprek

 Mariette en Mart-Marie gesels openhartig oor die soet en die seer van ma-en-dogterverhoudings: kommunikasiekwessies, rebelsheid, kwesbaarheid, goed genoeg wees, aanvaarding en magic. Hierdie episode word opgedra aan elke ma en dogter. Sensitiewe inhoud: verwysing na geweld.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Mart-Marie en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.

In episode 162 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels Mariette en haar dogter Mart-Marie Snyman, pianis en bekroonde filmkomponis, oor:

  • die basis van hul verhouding

  • hoe ‘n ma ‘behoort’ te wees

  • die mammabeer-storie

  • aanpasbaarheid en avontuurlus

  • wat Mariette van haar ma, Marthella Minne, onthou

  • Mariette se kleintyddrome

  • wonderlike reise

  • of pyn kan lei tot groei.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Meer oor Mart-Marie:

Mart-Marie Snyman is ‘n pianis en bekroonde filmkomponis van Pretoria met ‘n Meestersgraad in die Uitvoerende Kunste (Westerse kunsmusiek) van die Universiteit van Pretoria. Sy is opgelei in klassieke musiek en jazz, en is vlot in verskeie genres.

Mart-Marie het musiek gekomponeer en opgeneem vir talle optredes, kortfilm-animasies, advertensies, CD’s en podcasts. As komponis eksperimenteer sy graag met verskillende klanke en kombineer onder meer akoestiese instrumente met elektroniese en analoog-sintetiseerders.

Besoek haar YouTube-kanaal vir haar oorspronklike komposisies, musiekvideo's, optredes en animasie-kortfilms.

Haar 2021 EP “DIGKUNS deur Carina van der Walt” en verskeie enkelsnitte is beskikbaar op alle musiekstroomdienste, insluitend Spotify.

YouTube: Mart-Marie Snyman

Webwerf: Mart-Marie Snyman

E-pos: snyman.mm@gmail.com

Meer oor Mariette:

Mariette Snyman is ‘n bekroonde joernalis en podcaster van Johannesburg. Sy stel welstandskenners in artikels en potgooie bekend op haar eie platform asook in die Suid-Afrikaanse tydskrifte vir wie sy vryskut.

“Dertig jaar as tydskrifjoernalis het my geleer dat mense wat terapie, mediese hulp, lewensafrigting of ‘n ander vorm van hulp nodig het, dikwels sukkel om ‘n professionele persoon te vind wat met hulle resoneer. My webwerf www.mariettesnyman.co.za en weeklikse podcast-reeks Calm, Clear & Helpful stel lesers en luisteraars bekend aan 100+ welstandskenners vanoor die wêreld en aan hul kundigheid. Die inhoud is gratis vir besoekers; kenners betaal ‘n fooi vir blootstelling.

“Daar is gratis artikels en potgooie oor geestes- en fisieke gesondheid, ouerskap, liefdesverhoudings, en die lewensfases en lewensuitdagings waarmee ons almal te doen kry. Rol gerus af op Home.”

Lees Mariette se storie by About en kontak haar by mariettesny@mweb.co.za


Hierdie episode is vervaardig deur Mart-Marie Snyman en bevat haar eie, oorspronklike musiek.

Hooffoto: Unsplash.

Ander foto’s: verskaf.







Previous
Previous

Weight loss drugs, including Ozempic: game changer - or high-risk?

Next
Next

Moms: how to manage the balancing act