đźVerstaan hoe jou tiener se brein gerat is
Hou jou tiener se impulsiewe optrede en gretigheid om nuwe dinge uit te toets - veral in ân groep â jou snags wakker? Daar is ân wetenskaplike verklaring vir tieners se avontuurlus en oopheid. Lees hoe jy jou kind kan ondersteun.
Hulle lĂœk dalk volwasse, maar hulle is nie. Al troon hulle kop en skouers bo jou uit en bewonder jy heimlik hul sin vir humor en intelligensie, is tieners steeds inân vroeĂ«r lewensfase. En dis nie jĂœ wat so sĂȘ nie: dis die wetenskaplikes. Die breinkenners, om presies te wees.
âDis ân reuse-uitdaging om die ouer van ân tiener te wees,â sĂȘ dr. Lorna Geer, voorligtingsielkundige van George wat in hipnoterapie spesialiseer. âVandag se tieners leef in ân gans ander wĂȘreld as diĂ© waarin hul ouers grootgeword het, en die eise van die grootmenslewe het ook ingrypend verander. Dink maar net hoeveel makliker dit ân paar dekades gelede was om werk te kry en jou eie potjie te krap. Ouers is besorg oor hul kinders se toekoms en wonder hoe hulle kan help.
âDie belangrikste is dat ouers besef hoe nodig hul kinders hulle het. Al sou baie tieners dit nooit erken nie, het hulle ân behoefte aan vastigheid en struktuur. Ouers kan dit verskaf, en ân ruimte skep waarin tieners hul denke en sosiale vaardighede kan toets sonder dat hulle gevaar loop om verwerp te word.
âDis natuurlik nie maklik om ân veilige hawe te wees vir spruite wat fisiek, sosiaal, emosioneel en kognitief in flux is nie! Dit help baie as ouers begryp wat in hul tiener se kop gebeur. As jy weet hoe die brein in die tienerjare ontwikkel, verstaan jy skielik die jongklomp se avontuurlus, âonverantwoordelikeâ optrede en obsessiewe fokus op hul vriendekring. Jy besef hulle is nie bloot moeilik nie, maar besig met ân normale groeikurwe. Die lewe wil hulle op volwassenheid voorberei.â
Neurologies voorberei op onafhanklikheid
âWatter uitkoms begeer jy vir jou kind? Stem jy saam dat die vermoĂ« om onafhanklik in ân volwasse wĂȘreld te kan funksioneer, allerbelangrik is?
âKinders moet die ouerhuis verlaat en leer om op hul eie bene te staan en hul eie lewe te lei, maar as jy mooi daaroor dink, is daar min van ons wat ons gemaksone vrywillig sal verlaat. Afgesien van die voordele wat ons moet prysgee, is dit angswekkend om alles wat bekend is vir die onbekende te verruil.
Om die grootmenswĂȘreld te betree, is een van die moeilikste stappe wat mense kan doen.
Die fisieke breinontwikkeling wat ons by tieners waarneem, berei hulle wonderbaarlik op hierdie oorgang voor.
âOp ses jaar het die brein 90% van sy volle grootte bereik. Kenners het vroeĂ«r gereken dat die brein klaar ontwikkel is teen die tyd dat kinders hoĂ«rskool toe gaan. Sedertdien het ons geleer abstrakte denke skop eers op twaalf in en kinders begin dan eers byvoorbeeld die moontlike gevolge van hul optrede voorsien.
âVolgens die jongste navorsingsresultate duur breinontwikkeling reg deur adolessensie en die proses is eers tussen 25 en 30 voltooi. ân Tienerbrein is dus nie ân volwasse brein met minder myle op nie - dis anders gerat, spesifiek om daardie skuif uit die huis aan te vuur.
Dopamien en impulsbeheer
âân Opvallende kenmerk van adolessente is dat hul brein sensitiewer vir die neuro-oordragstof dopamien is. Dopamien help ons om beloning raak te sien en stappe te doen om die beloning te kry. DiĂ© insig help ons om tieners se impulsiwiteit te verstaan. Volwassenes sou nog wou sĂȘ: âJa, maar âŠâ maar adolessente sĂȘ sommer net âJa!â En daar gaan hulle. Voeg tieners se voorliefde vir iets nuuts daarby en daar het jy die impulsiwiteit wat die groep aanspoor om die grootmenswĂȘreld met al sy uitdagings te betree.
âOuers vra dikwels: âHoekom lyk dit of my kind blind is vir die risikoâs wat hy loop?â Die antwoord hou weer eens met breinontwikkeling verband. Fisieke veranderinge in die brein vind in ân stadige golfbeweging van agter na voor plaas. Die gedeeltes aan die voorkant wat onder meer met impulsbeheer, komplekse denke en langtermynbeplanning te make het, ontwikkel heel laaste.
âElke ouer weet hoe intens adolessente emosie kan ervaar. By tieners is diĂ© dele van die brein wat met emosionele reaksies verband hou ten volle aktief â selfs meer as by volwassenes. Die gedeeltes wat impulsiewe reaksies beheer, is in die stadium nog op pad na rypwording. Ons kan sĂȘ die versneller werk seepglad terwyl die remme nog nie behoorlik funksioneer nie. Weer is dit nie net ân nadeel nie: jongmense met die durf om ân nuwe omgewing te verken, pas makliker aan.â
Hoe tieners leer
âTieners is meestal oorgehaal vir iets nuuts en gereed om los te breek. Op ân manier eggo dit hul breinontwikkelingsfase. In adolessente breine is sekere dele nog nie met mekaar verbind nie â dit gebeur eers wanneer hulle volwasse is.
âDaarby het tienerbreine meer Ă©n sneller groeiende sinapse, die chemiese âbruggiesâ waarlangs neurone vir mekaar boodskappe stuur om neuronetwerke te vorm. Elke voorval wat ons onthou, of elke nuwe ervaring help met die vorming van hierdie netwerke.
âTienerbreine is nog soepel en vatbaar vir verandering. Enersyds verklaar dit waarom tieners inkonsekwent optree: jy weet nooit wanneer hulle dierbaar gaan wees en wanneer hulle jou iets gaan toesnou nie. Die feit dat hul brein a work in progress is, dra ook by tot hul frustrasie met hul omstandighede en met hulself.
âAan die ander kant is hul onstabiele neurologiese stelsels ân bonus, ân goue tydperk vir leer â akademies Ă©n andersins. Tieners kan besonder vinnig leer en memoriseer. Verskillende dele van die brein het wel verskillende vensterperiodes; vir taalsentrums is dit byvoorbeeld die eerste 13 jaar. Daarna is dit moeiliker om ân tweede taal aan te leer.
Foto Unsplash
âBaie mense dink jou leervermoĂ« word op ân jong ouderdom vasgelĂȘ, maar dis nie waar nie. Puberteit is die ideale tyd om op leer âverlief te raakâ, mits die leerstyl en motivering die eienaar van ân tienerbrein aanspreek!
âLeer het nie net te doen met die bou en versterking van neuronetwerke nie, maar ook met die wegsnoei van ou konneksies om vir nuwes plek te maak. Konneksies wat baie gebruik word, word versterk. DiĂ© wat minder stimulasie kry, verdwyn. Dis letterlik ân geval van âpasop waaraan jy dinkâ- dit het ân uitwerking op die herstrukturering van jou brein!â
Psychologist and coach Hennie Vorster offers practical advice on better communication with your teen.
Lees ook: Voel jou tiener eensaam?
Slaap, alkolhol en dwelms se invloed op leer
âDie snoeiproses in die brein vind plaas wanneer ons slaap. Slaap is dus noodsaaklik vir leer en onthou. Ongelukkig kry die meeste tieners nie naastenby die aanbevole nege tot tien uur slaap per nag nie. Hulle is te besig, skermtyd vreet in hul slaaptyd in, en boonop wys navorsing dat hul slaapritme van diĂ© van volwassenes verskil. Om een of ander rede is tieners gerat om drie tot vier uur later as grootmense op te staan en te gaan slaap. Opvoedingsinstellings neem dit nie in ag nie.
âSlaapdeprivasie bevorder buierigheid, benadeel die vermoĂ« om besluite te neem, en rem die wegsnoei van sinapse. ân Ander faktor wat leer bemoeilik, is tienerbreine se ontvanklikheid vir die toksiese uitwerking van alkohol en dwelms. Wanneer volwassenes alkohol gebruik, herstel hul breinselle sodra die alkohol gemetaboliseer word terwyl tieners se breinselwerking langer belemmer word. Die alkohol of marijuana wat ân tiener in die naweek gebruik het, beĂŻnvloed hom wanneer hy die daaropvolgende Woensdag vir ân toets leer en sonder dat hy daarvan bewus is, probeer hy met ân selfveroorsaakte leergeremdheid studeer.â
Puberteit en daardie hormone
âEmosioneel, sosiaal en kognitief neem tieners geweldige spronge in die rigting van onafhanklikheid, maar die proses verloop nooit glad nie. Hulle het ân onderontwikkelde vermoĂ« om te cope en stoei met nuutgevonde drange en dryfvere, seksuele bewustheid en oorweldigende gevoelens.
âDie hormone in ons vleis en melk lei daartoe dat puberteit voortdurend al hoe vroeĂ«r begin â meisies begin deesdae gemiddeld op tien jaar menstrueer. Afgesien van ingrypende liggaamsveranderinge en innerlike bewuswordings, word tieners met ân oormaat inligting en keuses gebombardeer. Dis geen geheim dat pornografiese skakels tussen adolessente se selfone rondvlieg nie.
ââHul liggame mag dalk gereed wees maar emosioneel is hulle nog nie hierteen opgewasse nie. Tieners het die begeleiding van mense met ân stabiele, volwasse brein nodig.
âOuers wat kalm kan bly, waarlik luister en die lewe se uitdagings doeltreffend kan hanteer, kan baie doen om hul kinders minder kwetsbaar te maak. Dit verg vanselfsprekend ân fyn balans om gesonde grense vir ân kind se gedrag te stel sonder om sy waagmoed onnodig aan bande te lĂȘ.â
Also listen to Dr. Terri Hendersonâs insights on what makes teenagers tick of lees ân Afrikaanse artikel oor normale tienerontwikkeling en -gedrag.
Tieners se fokus op vriende
âBaie ouers wroeg oor die invloed van vriende wie se breine ook in ân proses van rypwording is, en daarom net so impulsief of âblindâ vir risikoâs as hul eie kinders is. Daar is wel goeie redes waarom tieners hul ouderdomsgenote se geselskap verkies.
âEerstens lei tieners se voorkeur vir die ânuweâ daartoe dat hul vriende in die stadium interessanter as gesinslede is - en boonop in ân groter mate as in enige vroeĂ«r of latere lewensfase.
âTweedens belĂȘ tieners onbewustelik in die toekoms namate hulle al hoe meer tyd saam met hul vriende deurbring. Wanneer hulle jonk is, funksioneer kinders in die wĂȘreld wat hul ouers geskep het terwyl hulle die grootste deel van hul lewe gaan deurbring in ân wĂȘreld wat hulle en hul portuurgroep gaan beheer en herskep. Om hul ouderdomsgenote te leer ken en verhoudings met hulle te bou, is krities belangrik vir ân suksesvolle bestaan.
âHierdie verskynsel word bevestig deur die normale menslike reaksie op uitsluiting deur die groep. Sosiale verwerping sneller dieselfde breinreaksie as bedreiging van ons voedselvoorraad of fisieke gesondheid. Ons oorlewingsinstink is onlosmaaklik aan die groep verbind. Een komplikasie van die tienerjare is dat abstrakte denke tieners in staat stel om hulle voor te stel hoe ander hulle waarneem. Verbeeldingsvlugte oor moontlike verwerping deur die groep, of dit nou plaasvind of nie, kan baie angs veroorsaak.
âTienertyd is nie maklik nie. Tieners is vir hulself Ă©n ander onvoorspelbaar of onverstaanbaar. Daar is weer eens ân goeie rede daarvoor. Die feit dat alle dele van die brein nog nie met mekaar verbind is nie en dat die emosies die beheerstelsels vooruit is, maak van hierdie fase ân hoogs funksionele aanpassingstydperk â dit spoor kinders aan om die nes te verlaat en hul eie pad te vind. Totdat dit gebeur, moet ouers hulle maar daaraan troos dat tieners wel die een of ander tyd grootword!â
Droewige nuus
Lorna het kanker gehad en is op 21 Februarie 2025 oorlede. Haar nalatenskap is oneindig ryk.
Hierdie artikel het oorspronlik verskyn in rooi rose en op www.rooirose.co.za
Fotoâs: Pexels, tensy anders aangedui. Modelle gebruik.