Is jou kind ADHD of begaafd?
Met aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit is ons almal bekend, maar nie met begaafdheid nie. Gesinsberader en “transformational parenting coach” Mia von Scha skets die eienskappe van begaafdes, watter toestande of kwessies met ADHD verwar kan word, die voor- en nadele van “giftedness” en hoe om hierdie kinders te hanteer. Daarby het begaafde kinders meermale begaafde ouers!
Hoe jy jou voorskoolse en laerskoolkinders tuis besig kan hou
Hoe kan jy jou kind se kreatiwiteit en vaardighede speel-speel ontwikkel? Opvoedkundige sielkundige Anys Rossouw gee wenke oor slim maniere om struktuur te skep en fisieke speletjies, fantasiespel, konstruktiewe spel en sosiale spel tot jou jong kind se voordeel in te span.
Kan jy jou kind empatie leer?
Wat is empatie? Hoe verskil dit van simpatie? Wanneer is ouers skuldig aan “niebekragtiging”? Is daar mense wat nie empatie kan ervaar of toon nie? Dr. Ronél le Roux, emosionele intelligensiespesialis en terapeut, gee raad oor empatie in aksie en hoe om jou kind hierin te begelei.
Is jou kind net moeilik, of is die oorsaak “Oppositional Defiant Disorder”?
Kinders wat ten alle koste hul sin moet kry – al doen ouers ook wát – het moontlik ODD, ‘n neuro-ontwikkelingsverwante toestand. Dr. Isaura Ribeiro, pediater van Pretoria, praat oor die oorsake, kenmerke, diagnose en behandeling.
Hoe benader ons transgender kinders en volwassenes met empatie?
Die transgenderkwessie is vir baie ouers, familielede en groepe soos geloofskringe ‘n angswekkende onderwerp. Dr. Elna Rudolph, seksuoloog, praat oor wat dit behels, transmense van alle ouderdomme (miskien iemand ná aan jou!) se uitdagings, en waar om hulp te kry of hoe om steun te bied.
Hoe om dit te verwerk dat my kind gay is
Wanneer ‘n kind erken sy is lesbies of hy is gay, kan ouers skok, ongeloof, woede, leed en skuldgevoelens ervaar. Boonop vrees hulle verwerping vir hulle én hul kind. Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg gee raad oor kopskuiwe, hartskuiwe, en ‘n proses wat ouers stapsgewys help om homoseksualiteit te aanvaar.
Hulp vir ouers wat uitvind hul kind is gay
Ouers wat hoor hul kind is lesbies of gay, bevind hulle baie keer op ontstellende, onbekende terrein. Dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor hierdie kinders se ervaring, wroeging en moontlike depressie of geloofsworsteling. Haar insigte kan ouers help om deernis te hê - met hulself én met hul kind.
Hoekom babas moet kruip en hoe om dit aan te moedig
Ja, dis belangrik dat jou kleinding hierdie mylpaal bereik! Ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager verduidelik hoe ons kruip definieer, wat die voordele daarvan is, en hoe dit ‘n baba se ontwikkeling kan raak as hy nie kruip voor hy loop nie.