đźKan jy jou kind empatie leer?
Wat is empatie? Hoe verskil dit van simpatie? Wanneer is ouers skuldig aan âniebekragtigingâ? Is daar mense wat nie empatie kan ervaar of toon nie? Dr. RonĂ©l le Roux, emosionele intelligensiespesialis en terapeut, gee raad oor empatie in aksie en hoe om jou kind op diĂ© gebied te begelei.
âKinders moet besef ons het die vermoĂ« om ander mense beter of slegter te laat voel, en dat dit altyd beter is om mense beter te laat voel. Empatie bewerkstellig vrede en omgee.â SĂł sĂȘ dr. RonĂ©l le Roux, emosionele intelligensiespesialis en terapeut van Centurion. âMaar empatie kom nie vanself nie. Dis ân vaardigheid wat aangeleer kan word, en in diĂ© verband kan ouers en ander volwassenes ân reusebydrae lewer.â
Empatie en simpatie verskil
âDis makliker wanneer ons empatie kan definieer en verstaan hoe dit van simpatie verskil. Empatie is die bewuswording en herkenning van gevoelens in ander, hetsy positief of negatief. Jy veroordeel nie die gevoel nie, maar laat die persoon toe om dit te ervaar. Jy probeer nie die situasie regmaak nie, jy gee nie ongevraagde raad nie, jy vra nie onnodige vrae nie. Jy reageer byvoorbeeld deur te sĂȘ: âEk sien jy voel hartseer/omgekrap/opgewondeâ en hanteer die situasie met kalmte en deernis.
âSimpatie lyk anders. Dit beteken jy ervaar die gevoel sĂĄĂĄm met die persoon. Jy raak saam kwaad, hartseer of omgekrap. Jy neem dalk op die plek beheer van die situasie en begin oplossings bedink waarvoor die persoon nie gevra het nie.
âEen voorbeeld is ân negejarige wat by die huis kom en kla omdat hy sleg gespeel het in ân krieket-wedstryd. Sy ma kan met empatie reageer: âEk sien jy voel hartseer omdat jy nie goedgespeel het nie. Ek kan my indink hoe sleg dit vir jou was.â
âOf die ma kan met simpatie reageer: âEk dink ek moet met jou afrigter gaan praat. Hy weet niks van afrigting nie!â In hierdie geval wens die seun dalk hy het dit nooit genoem nie, want nou word die situasie uit sy hande geneem en namens hom bestuur.
Om gevoelens te ignoreer of as niks af te maak, doen skade
âân Ander reaksie wat ons dikwels onwillekeurig toon, is niebekragtiging. Dit beteken ons maak iemand se gevoel af as niks, of ignoreer dit. Dit laat die persoon voel daar is fout met hom of haar.
âIn hierdie voorbeeld sou ân ma se reaksie van niebekragtiging so kon klink: âJy neem dit te ernstig op, dis net ân spelâ of âAg wat jong, volgende keer sal dit beter gaan.â
âWanneer ân kind wat sterk emosies ervaar, weggestuur word om te gaan TV kyk of te gaan speel, is dit ân vorm van niebekragtiging.
âDieselfde geld wanneer ân ouer die kind se aandag met eet- of drinkgoed probeer aftrek: âKom ons gaan eet iets by die Spur, dan vergeet ons van die wedstryd.â Hierdie soort âtroosâ kan ân voorloper wees van ân emosionele eetpatroon; die kind leer as hy ongelukkig is, kan hy iets eet om beter te voel.
âOns maak ons maklik aan niebekragtiging skuldig wanneer ons ongemaklik is met intense gevoelens. Ons wil hĂȘ die persoon moet gou beter voel sodat ons nie die ongemak hoef te ervaar nie. Niebekragtiging kom ook voor wanneer ons iemand se vertelling of klagte troef met âToemaar, ek het ân veel erger ervaring gehadâ. Let maar op hoe dikwels ons, wanneer iemand ân gesondheidsprobleem noem, onmiddellik begin vertel wat Ăłns, of iemand wat ons ken, oorgekom het.â
Ronél explains how to assert yourself in a healthy way - especially when you say yes when you mean no.
Here Ronél writes about bareback riding, rescuing lizards and a world of beautiful dresses.
Meer besonderhede oor Ronél se praktyk is hier beskikbaar.
Nie alle mense kan empatie toon nie
âDaar is heelwat navorsing gedoen oor sekere mense se onvermoĂ« om empatie te kan hĂȘ. Dis nie ân eenvoudige kwessie nie, maar daar is bewyse dat breinskade aan ân sekere deel van die brein daartoe kan lei dat iemand nie gevoelens in ander kan herken nie.
âDaar word beweer dat narciste nie empatie kan betoon nie omdat hulle moontlik nie oor sekere neurone in die brein beskik nie. Ander verklarings lui dat hulle wel empatie sou kon betoon, maar dit nie doen nie omdat dit hul magsposisie in ân verhouding kan benadeel. Hulle is bewus van ander se kwesbaarhede en die emosies wat hulle ervaar, maar weerhou empatie doelbewus om die ander party seer te maak.
âDis ân kenmerk van sosiopate (voorheen psigopate) om nie empatie te toon nie. Hulle sal fisieke pyn vermy, maar kan hulle in ander se fisieke pyn verlustig.
âMense wat misdade pleeg, gee baie keer nie vir hul slagoffers om nie en betoon geen meegevoel nie.â
Ouers, koestering en lyfstraf
âOm empatie te hĂȘ moet ons liggaamstaal - veral stemtoon, liggaamshouding en die uitdrukking in die oĂ« en van die mond - kan vertolk. Mense wat nie voldoende oogkontak kan hou nie, eien emosies baie moeiliker. Blinde en dowe mense vind dit ook moeiliker, maar gebruik dikwels ander sintuie om emosies te herken.
âEk dink baie ouers leer hul kinders reg van die begin af empatie, al noem hulle dit dalk nie so nie. As jy jou baba optel wanneer sy huil en haar troos, wys jy jy verstaan iets voel nie lekker nie en dat jy omgee.
âOuers wat hul babas laat huil omdat hulle droog en gevoed is en âgeen rede het om te huil nieâ leer die kind hulle is nie beskikbaar vir emosionele nabyheid of koestering nie. ân Kind het baie meer as fisieke versorging nodig. Ek glo sterk dat jy ân baba nie met te veel liefde kan bederf nie!
âBabas begin ook gou agterkom as Mamma gespanne is of nie goed voel nie. Dan kan hulle âmoeilikerâ wees en meer aandag soek. Hulle kan ook van vroeg af gesigsuitdrukkings lees en kan beslis onderskei of Mamma liefdevol of geĂŻrriteerd is. Selfs klein kindertjies probeer ander soms troos, soos ân peuter in die hospitaal wat haar bottel aanbied vir ân baba wat anderkant die glasafskorting huil.
âIndien ouers onverdraagsaam, veroordelend en emosioneel afgesluit is, sal kinders dit as die norm aanvaar. Daar is bewyse dat kleuters wat mishandel word, of tuis onvoldoende liefde ontvang, rowwer of minder empaties teenoor ân hartseer maatjie optree as kleuters uit liefdevoller huise. ân Kind wat tuis geslaan word, sal makliker aan ân maatjie slaan. Daar is soms ân fyn lyn tussen lyfstraf en mishandeling. ân Kind wat in die hitte van die oomblik hardhandig aan sy arm rondgeruk word, word nie bloot âgedissiplineerâ nie.
âEk glo dat empatie met selfbeeld saamhang. Kinders wat nie goed voel oor hulself nie, kan ander boelie in ân poging om beter te voel. Aan die ander kant sal kinders uit ân geborge huis, waar hul emosies aanvaar en toegelaat word, meer empatie met ander kan hĂȘ. Dis belangrik om te onthou alle emosies is toelaatbaar - maar nie alle gedrag nie. Ons mag almal kwaad raak, maar jy mag nie goed stukkend gooi of iemand slaan wanneer jy kwaad is nie.â
Kommunikeer met jou kind
âMaâs kan sommer vroeg al begin om oor emosies te praat, soos om te sĂȘ: âHoekom is jou hartjie nou so seer?â
âKinders hoef nie op ân vroeĂ« ouderdom te leer om empatie met woorde weer te gee nie. Hulle moet besef hulle kan iemand beter laat voel bloot deur hulle ân drukkie te gee, hul hand vas te hou as hulle bang is, of hulle te help as hulle sukkel.
âSekere situasies bied die ideale geleentheid om met ân kind oor die verband tussen gebeure en gevoelens te gesels. As ân kindkom vertel dat ân ander kind seergekry het of geboelie is, kan die ouer vra watter moontlike gevoelens die betrokke kind kon ervaar het.â
Foto: Pexels
Watter kennis het ouers nodig om hul kinders empatie te leer?
Basiese kennis van gevoelens en gevoelswoorde.
Onmiddellike herkenning van situasies waar hulle empaties kan optree, teenoor hul kinders of teenoor ander sodat hul kinders kan sien hoe dit gedoen word.
Bewustheid van hul eie omgang met emosies en die uitwerking daarvan op ander, byvoorbeeld hul gebruik van empatie, simpatie of niebekragtiging.
Bereidheid om moeite en tyd daaraan te bestee om hul kind van gevoelens te leer.
âDie belangrikste is dat ouers wat empatie wil oordra, dit ook betoon. Solank ons bewus bly van ander se gevoelens en daarby aansluit en daaroor reflekteer vóór ons ons persoonlike mening uitspreek of hulp aanbied, is ons op die regte spoor.â
Can you parenting style help foster empathy and prevent narcissism? Hereâs body language expert Tania Steyn.
Maak dit prakties vir elke ouderdomsgroep:
Emosionele intelligensie, ân praktiese gids vir ouers en onderwysers deur dr. Rina de Klerk en dr. RonĂ©l le Roux is ân waardevolle hulpbron vir volwassenes wat praktiese empatie-vaardighede vir hul eie of ander mense se kinders wil leer. Die boek kan bestel word by ronellr@mweb.co.za
Kontakdetail
Dr. RonĂ©l le Roux is ân emosionele intelligensiespesialis en terapeut van Centurion. Sy bied individuele sessies aan vir ouers wat hulp nodig het: ronellr@mweb.co.za of roneljoyfuljourney@gmail.com
Hierdie artikel is oorspronklik gepubliseer in rooi rose.
Fotoâs: Unsplash, tensy anders aangedui.