Dr. Marietjie van Loggerenberg

Pastorale narratiewe terapeut, Pretoria

dr-marietjie-van-loggerenberg-listing.jpg

“Ek is ‘n pastorale narratiewe terapeut, wat al die afgelope 20 jaar in Pretoria in privaat praktyk is. Ek is ‘n Christen, getroud met Johan en het twee kinders en drie kleinkindertjies. Kliënte van enige seksuele oriëntasie is welkom.”

 
 

Fokus:

Heteroseksuele en LGBTQI-mense: Verhoudings, trauma, seksuele molestering,  routerapie, depressie, verslawing.



Spesiale fokus:

LGBTQI mense en hul familielede: verhoudings, verwerping deur familielede en/of die kerk, uitkom (coming out )


Benadering:

Narratiewe benadering: respekvol nieveroordelend; kliënte bly die kenner rakende sy/haar eie lewe; die probleem is die probleem – nie die kliënt nie; dekonstruksie van diskoerse wat die probleemdeurdrenkte lewe lewend hou; herskryf (re-authoring) van nuwe lewensverhale.

Ontmoet Marietjie. Lees oor die pastorale terapeut, dosent en méns agter die kampvegter.

Luister na Marietjie se raad aan ouers wat uitvind hul kind is gay of lesbies - ‘n moeilike posisie vir almal wat betrokke is.



Kliëntfokus:

Van tieners tot ouer mense (10-100 jaar)



Taal waarin kliënte geakkomodeer word:

Meestal Afrikaans, Engels indien kliënt dit verkies


Kostes:

Koste per sessie beskikbaar op aanvraag - baie redelik


Aanlynsessies:

Whatsapp

Kwalifikasies:

BA, HOD, B.Ed., UDB, M.Ed., M.Th., Ph.D.

Ouers wat besig is om hul seun of dogter se identiteit as gay of lesbiese jongmens te verwerk, kan hierdie insigte nuttig vind.


Opleiding:

Universiteitsdosent

Narratiewe terapeut (Instituut vir Terapeutiese Ontwikkeling, Pretoria)


Ervaring:

Universiteitsdosent: 16 jaar voltyds

Narratiewe terapeut (privaat praktyk): 20 jaar

Narratiewe terapiedosent by Coram Deo (deeltyds): 19 jaar

Aanbied van steungroepe vir gay mense en hul ouers: 12 jaar

Spreker by konferensies/institute, ens.


Lidmaatskap:

Coram Deo Pastorale Sentrum

NGK Lynnwood, Pretoria

Reformerende Kerk, Pretoria

Kontakbesonderhede:

Tel. 0823243726

Menlopark, Pretoria 


Samesteller:

  • Gaygelowig; ingesluit in die gesprek (Bybelmedia, 2015)

  • Gaygelowig 2: ouers en lewensmaats vertel (Bybelmedia, 2017)

    Whatsapp Marietjie op 082 324 3726 vir bestellings.

 

Bydrae in boek:

Hoofstuk oor seksuele molestering: Wepener, C en Greyling, A: Ongekaart (Bybelmedia 2019  - Desmond Tutu prys gewen vir debuutbundel)

Previous
Previous

Dr. Melodie de Jager

Next
Next

Lize Maritz