Hulp vir ouers wat uitvind hul kind is gay

Ouers wat hoor hul kind is lesbies of gay, bevind hulle baie keer op ontstellende, onbekende terrein. Dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor hierdie kinders se ervaring, wroeging en moontlike depressie of geloofsworsteling. Haar insigte kan ouers help om deernis te hê - met hulself én met hul kind.  

Sensitiewe inhoud: bespreking van onder meer seksuele oriëntasie. Dié gesprek is vir volwassenes bedoel.

Dr. Marietjie van Loggerenberg

Dr. Marietjie van Loggerenberg

Marietjie verduidelik

  • hoe gay en heteroseksuele mense verskil

  • op watter ouderdom gay kinders van hul seksuele oriëntasie bewus raak

  • die rol van depressie en selfmoord in gay-wees

  • die worsteling van gay gelowiges

  • hoe gay kinders kan “uitkom” en wat ouers moet onthou wanneer dit gebeur.

Ontmoet Marietjie. Lees oor die pastorale terapeut, dosent en méns agter die kampvegter.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Marietjie belig die 4 fasette wat seksuele identiteit behels en praat oor bewusmaking en in- of uitsluiting.

Marietjie verduidelik hoe die werk wat sy doen haar hart raak.

Marietjie belig die 4 fasette wat seksuele identiteit behels en praat oor bewusmaking en in- of uitsluiting.

Hoe maak ouers vrede met hul gay kind se seksuele oriëntasie? Marietjie gee wenke vir die pad.

Marietjie gee raad vir die ouers van ‘n gay kind, ook gelowiges, en omlyn 7 stappe na die aanvaarding van hul kind se seksuele oriëntasie.

Marietjie praat deernisvol oor die pad van genesing wat elkeen wat seksuele molestering ervaar het, kan stap.

Kontakdetail:

Dr. Marietjie van Loggerenberg, pastorale narratiewe terapeut en dosent met ‘n privaatpraktyk in Pretoria: 082 324 3726 of marietjie.vl.za@gmail.com
Marietjie is die samesteller van “GayGelowig: ingesluit in die gesprek” en “Gaygelowig 2: ouers en lewensmaats vertel”, uitgegee deur Bybelmedia. Whatsapp Marietjie op 082 324 3726 vir bestellings.

Hulpbronne:

Die LitNet-artikel wat Marietjie aanbeveel: https://www.litnet.co.za/homoseksualiteit-en-sewe-klassieke-bybelse-tekste-antigay-of-misverstaan/ asook prof. Michael Pepper se Youtube-video: https://www.youtube.com/watch?v=BqBhuGQpOBY

Let wel: Hierdie gesprek is tydens inperking opgeneem vir rrRADIO, maar nooit uitgesaai nie omdat rooi rose ‘n tyd lank nie verskyn het nie.


Hooffoto: Unsplash

Foto van dr. Marietjie van Loggerenberg: verskaf



Previous
Previous

Hoe om dit te verwerk dat my kind gay is

Next
Next

Eerlikheid in julle verhouding: hoe kry paartjies dit reg?