Hoe om dit te verwerk dat my kind gay is

Wanneer ‘n kind erken sy is lesbies of hy is gay, kan ouers skok, ongeloof, woede, leed, skuldgevoelens of vrees vir verwerping ervaar. Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg gee raad oor kopskuiwe, hartskuiwe, en ‘n proses wat ouers stapsgewys help om homoseksualiteit te aanvaar.

Sensitiewe inhoud: bespreking van onder meer seksuele oriëntasie. Dié gesprek is vir volwassenes bedoel.



Dr. Marietjie van Loggerenberg

Dr. Marietjie van Loggerenberg

Marietjie praat oor

  • ouers se vrae:

    “Wat het ek verkeerd gedoen?”
    “Wat sal die mense sê?”
    “Gaan my kind hel toe?”
    “Gaan my kind MIV-positief word?”
    “Het my kind gekies om gay te wees?”

  • die vrees vir agterdog en verwerping

  • ouers se skuldgevoelens, verwyte en rou

  • gelowige ouers se worsteling

  • ’n stap-vir-stap proses wat ouers rigting kan gee in die “chaos”.


Ontmoet Marietjie. Lees oor die pastorale terapeut, dosent en méns agter die kampvegter.

Marietjie gee raad vir die ouers van ‘n gay kind, ook gelowiges, en omlyn 7 stappe na die aanvaarding van hul kind se seksuele oriëntasie.

Marietjie belig die 4 fasette wat seksuele identiteit behels en praat oor bewusmaking en in- of uitsluiting.

Marietjie praat deernisvol oor die pad van genesing wat elkeen wat seksuele molestering ervaar het, kan stap.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Hier is meer inligting oor Marietjie se benadering en praktykbesonderhede.

Marietjie gesels oor hulp vir ouers wat gekonfronteer word met hul kind se gay of lesbiese identiteit.

Kontakdetail:

Dr. Marietjie van Loggerenberg, pastorale narratiewe terapeut en dosent met ‘n privaatpraktyk in Pretoria: 082 324 3726 of marietjie.vl.za@gmail.com

Marietjie is die samesteller van “GayGelowig: ingesluit in die gesprek” en “Gaygelowig 2: ouers en lewensmaats vertel”, uitgegee deur Bybelmedia. Whatsapp Marietjie op 082 324 3726 vir bestellings.


Verdere hulpbronne:

Die LitNet-artikel wat Marietjie aanbeveel: https://www.litnet.co.za/homoseksualiteit-en-sewe-klassieke-bybelse-tekste-antigay-of-misverstaan/ asook prof. Michael Pepper se Youtube-video: https://www.youtube.com/watch?v=BqBhuGQpOBY


Let wel: Hierdie gesprek is tydens inperking opgeneem vir rrRADIO, maar nooit uitgesaai nie omdat rooi rose ‘n tyd lank nie verskyn het nie.

Hooffoto: Pexels. Modelle gebruik.

Foto van dr. Marietjie van Loggerenberg: verskaf

Previous
Previous

Hoe benader ons transgender kinders en volwassenes met empatie?

Next
Next

Hulp vir ouers wat uitvind hul kind is gay