Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling: driedimensionele skilderye en nuuskierigheid

Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, voorligtingsielkundige, mediator en skrywer, gesels oor goed-ingeligte keuses, ‘n gelukkige huweliksverhouding, en voorliefdes wat soms vuil klere verg.

dr-hannetjie-van-zyl-edeling.jpg

1. Hannetjie, hoe sien jy menswees en die keuses wat ons kan maak?


Ek glo dat ons hier op die planeet is om te leer en te groei en om onsself en ons omstandighede te bemeester. Dis belangrik om so gou moontlik te besef dat ons nie hulpelose slagoffers van ons ouers, ander mense of die noodlot is nie. Die meeste van ons is gebore met gesonde verstand en kan keuses uitoefen wat ons lewens en verhoudings ten goede kan beïnvloed.
Ek is ’n groot voorstaander van die Positiewe Sielkunde-beweging waar ons fokus op doelwitte en dit wat werk, eerder as op probleme. Ons het die vermoë om doelgerigte, goed ingeligte keuses te maak vir die beswil van onsself en ons naastes. Ons moet so vinnig moontlik uit ons ervarings leer - en soos my Oupa altyd gesê het: “Wat jou nie dood maak nie, maak jou sterker.”
Een van die beste invloede in my lewe was dr. Wayne Dyer (ook oorspronklik ’n sielkundige). Sy eerste boek, Your Erroneous Zones, het my oë oopgemaak vir selfgelding en die feit dat elkeen sy/haar gevoelens kan beheer, en dat niemand jou iets kan “maak” glo, dink, voel of sê waartoe jy nie bereid is nie.

Hannetjie clarifies the issue of emotional eating and what our subconscious may be trying to tell us when we carry excess weight.

Need ageing lead to decline, no matter what we do? Not at all. Hannetjie debunks 3 myths about ageing and inspires us to take action and live with zest.



2. Jy is gelukkig getroud. Is daar ’n geheim verbonde aan ’n goeie verhouding tussen lewensmaats?


Beslis, ja. Maak seker dat jou maat werklik ook ’n vriend of vriendin is en aanvaar en respekteer hulle net soos hulle is. Moenie probeer om hulle te verander nie. Maak seker dat jy gereeld en goed kommunikeer, en onderhandel oor veranderende verwagtinge.
Dink hieraan – ons is nooit teleurgesteld of kwaad as daar aan ons verwagtinge voldoen word nie – so praat oor wat belangrik is, besluit watter sake aangevat moet word en don’t sweat the small stuff.
Vra vir wat jy nodig het en moenie verwag jou maat moet “ruik” wat jy wil hê nie.
Wees liefdevol en vergewensgesind en drop enige krapperigheid soos ’n warm patat – so gou as moontlik.



Op 50 het Hannetjie begin skilder.

Op 50 het Hannetjie begin skilder.

Read Hannetjie’s heart-felt thoughts on motherhood.

3. Jy put vreugde uit jou hartsmense…


Ek is baie naby aan my man, my suster, kinders en kleinkinders en doen baie moeite om hulle te sien en kwaliteittyd met hulle te spandeer. Dis vir my belangrik dat hulle moet weet hoe ek oor hulle voel en dat ek hulle onvoorwaardelik sal ondersteun met wat ookal in hulle lewens aangaan.
’n Belangrike reël vir my is dat almal mense is in hul eie reg en dat ek strewe om net raad/kommentaar te gee as ek daarvoor gevra word (dis ’n work in progress ...)

Don’t miss Hannetjie’s invaluable - and practical - advice on remaining calm in these turbulent times.



4. Jy het al vier kunsuitstallings gehou. Vertel ons van jou skilderwerk.


Ek het al die jare nog gebrei, naaldwerk en loodglaswerk gedoen, maar het myself nooit as ’n “kunstenaar” beskou nie. Op vyftig het ek besluit – basta! – en vir kunslesse ingeskryf.

dr-hannetjie-zebras.jpg

Een van die beste besluite was om nie kompeterend te wees met my skilderwerk of fotografie nie – dis net vir my plesier.

Die ironie – as die finale produk vir my plesier verskaf, is daar gewoonlik ook ’n paar ander wat daarvan hou en selfs bereid is om dit te koop. Dis vir my heerlik om met verskillende style te eksperimenteer en my gunsteling medium tot dusver is byewas (encaustic) and die kombinasie van fotografie daarmee saam (photo-encaustic).



5. Wat van jou ander stokperdjies en voorliefdes?


Ek reis graag en was gelukkig genoeg om ’n hele klompie wonderlike reise saam met ’n groep fotografie-vriende te onderneem. Vir my is die fotografie in diens van my skilderye. Wanneer ek skilder, luister ek na jazz-musiek, trek my vuil klere aan en verdwyn in ’n ander wêreld … sewende hemel?
My dogter (ook ’n sielkundige) en ek is ook kranige koekbaksters en versierders. Dis nogal lekker om te sien hoe ons handewerk ontwikkel het oor die jare en dis vir ons produktiewe tyd saam.

dr-hannetjie-dullstroom-garden.jpg

Tuinmaak is nog ‘n groot liefde en ‘n mooi tuin is vir my soos ‘n driedimensionele skildery.


Om ’n ou tuin op te knap is ’n heerlike uitdaging en wanneer daardie plantjies vermeerder en uitgeplant kan word, voel dit of ek my eie bron van goud ontdek het. Die meeste van my tuin- en skilderwerk leef in Dullstroom waar my seun verskeie eiendomme het vir vakansieverblyf. Die tuinmakery in Dullstroom bly ’n heerlike manier om met die besonder vrygewige tuiniers daar te kuier en te leer wat daar aard en wat nie.
My kop moet besig bly. Ek is van nature nuuskierig en leergierig en lees baie - veral astrologie, NLP, hipnose, meditasie, mindfulness, voeding en gesondheid is onderwerpe waaroor ek huis toe skryf.


6 Jou boek Distilled wisdom: a guide to positive living and ageing se vierde druk is byna uitverkoop. Waaroor handel die boek?


Dit is ’n boek vir mense wat belang stel in die kwaliteit van lewe en wil aanhou groei en ervaar, en die daadwerklike stappe wat ’n mens kan neem om ’n goeie oudag te beleef. Ek glo dat jy die oudag gaan kry wat jy glo jy sal, so vir die selfde prys kan ons mos glo wat positief en goed is en daarin belê!

distilled-wisdom.jpg

Kontakbesonderhede


Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, voorligtingsielkundige en geakkrediteerde mediator, woon en werk in Johannesburg: tel. 0824604575 of www.drhannetjie.co.za/

Sien ook www.freechildcompany.co.za


Die elektroniese weergawe van Distilled wisdom: a guide to positive living and ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling is op www.amazon.com beskikbaar.

Hierdie artikel het oorspronklik op www.rooirose.co.za verskyn.

Hooffoto: Pexels

Ander foto’s: verskaf.









Previous
Previous

Dr. Elna Rudolph: “@sexologistmom”

Next
Next

Anys Rossouw: die industrie van hoop