Michelle Schutte oor vinnig grootword, ‘n World Hair Tour en ma-wees vir vyf kinders
‘n Johannesburgse bestuursafrigter skryf oor die besef wat alles laat verander, groentetuine en sopkombuise, en liefhê sonder om te probeer beheer.
1 Jy het al talle groot uitdagings oorkom, soos jy in ons episode oor Emosionele Bewustheid vertel. Wat, of wie, het 'n mens nodig om uitdagings te oorkom?
Baie dankie vir die geleentheid om verder uit te brei. Dit is vir my 'n baie goeie vraag. Ek glo dit kom neer op ons emosionele behoeftes – ons het 'n nood om lief te hê en geliefd te wees. Wanneer ons dit het, kan ons baie dinge weerstaan. Maar ek dink dit gaan dieper as die konsep.
Vir my gaan dit ook verder om te kyk na ons menslike vrese en om te weet: 'n mens kan nooit jouself verloor nie. Jy voel dalk verlore wanneer jy in die donker is.
Dan is dit vir my daardie diep Skrif van "love your neighbour like yourself" – sonder hoogmoed of self-seeking pleasure. Maar wat is liefde? En hoe moet ‘n mens jouself liefhê? Selfaanvaarding, selfrespek en geduld, selfversorging, selfbeheersing en unconditional love. Wanneer jy dit vir jouself binne het, dan het jy dit beslis ook vir jou medemens.
Ek vind dit is ons eie ego waarvoor ons nee moet sê, nie net een keer nie, maar om te verstaan dat ons baie keer ons ego-behoeftes moet deurbreek om by die vrede in ons uit te kom. Vir my is dit die plek waar ek weet God is in my ek wandel in Hom en vir Hom. Sonder sy vreugde en sagte troos sou ek dit nie gemaak het nie.
Om te weet ons is op 'n plek waar ons uitdagings kan oorkom en nie net probeer nie is selfbeheersing. En om te leer wat beteken surrender en wanneer om dit uit te voer, nie net te sit en wag nie maar om jou deel te doen.
Daar is 7 ekstra emosionele behoeftes wat ek ook saam met my kliënte deurgaan wat 'n wonderlike verskil maak aan hoe hulle uitdagings hanteer.
2 Toe jy op hoërskool was, het 'n vriend se ouers, veral sy ma met die naam Liz 'n groot rol in jou lewe begin speel. Wil jy meer vertel?
Liz het my op die ouderdom van 17 by my ouers se huis kom haal, en ek het van toe af by hulle gewoon. Dit is vandag nog 'n groot aha-moment vir my om te kon ervaar watter groot verskil dit vir my gemaak het. Deur 'n ander huisomgewing te kon hê, het ek myself begin vind. In my eerste kwartaal het ek al agtergekom dat al my vakke met meer as 25% gestyg het. Ek het niks anders verander nie, behalwe my woonomgewing. Toe het ek ook die vrymoedigheid begin kry om aan skoolaktiwiteite deel te neem, soos Mejuffrou Burger en skyfskiet, trompoppies, sowel as 'n introduction klas in radio- en modelling wat ek bygewoon het.
Ek het begin sien dat ek meer is as wat ek gedink het ek kón wees.
Maar ongelukkig was skoolwerk steeds nie regtig makliker nie, so teen die einde van graad 11 het Liz my gevra of ek dalk sal wil gaan studeer. Sy het geweet dat ek reeds deeltyds van my ma se huis af begin werk het as 'n apprentice by die haarsalon oorkant my ma se huis. Toe soek ek na 'n kollege om my as 'n haarkapper op te lei.
Dit was vinnig grootword. Op 19 het ek al my eie flat gehad, sodat ek nie meer elke dag die bus van Ontdekkers na die middestad by Bantustan Square en dan nog 'n bus na Rosebank toe hoef te neem nie. Twee room mates het my help huur betaal.
3 Jy het jouself jare lank as haarkapper uitgeleef. Wat het jy besonder baie geniet?
Dit was vir my wonderlik om deel te wees van 'n groep wat saam met my gewerk en geleer het. Ook met my kliënte het ek wonderlike vriendskappe gehad waarvoor ek vandag nog dankbaar is, selfs na my tyd as haarkapper het van ons nog kontak gehou.
Ek was altyd besorg oor hulle behoeftes en hulle het geweet ek lewer altyd my beste werk. Ek was baie vroeg in my loopbaan aangestel as 'n juffrou vir nuwe studente en het op daardie tyd self nog geswot, maar ek kon sien hoe ek dieper kon groei deur ander te leer – dit was vir my baie lekker.
Ek het my kliënte en die vertroue tussen ons die meeste geniet.
4 As haarkapper was jy ook in die VSA. Hoe het dit gebeur?
In 2012 het ek saam met 'n klein groep van Carlton Hair op 'n World Hair Tour gegaan en ons was in Miami vir 'n haarkonferensie, sowel as in New York vir shopping en fun.
Toe ek terugkom was dit my laaste jaar by Carlton. Baie van my kliënte het gesê dat die trip oorsee my 'n nuwe perspektief gegee het en hulle was bly ek wou op 'n nuwe level begin. Toe het ek 'n tyd lank freelance werk gedoen.
5 Jy en jou lewensmaat, Frederik, maak vyf kinders groot. Hoe ervaar jy ma-wees vir vyf kinders?
Ma-wees vir vyf gaan vir my nie oor perfek wees nie, maar oor teenwoordig wees. Elke kind is so anders en leer my iets anders oor myself. Dit is besig en soms lekker moeg, maar dit het my geleer wat onvoorwaardelike liefde regtig is – om lief te hê sonder om te probeer beheer. Ek leer elke dag om hulle toe te laat om hulself te wees, en om ook myself te wees.
Luister ook na Michelle se episode oor emosionele bewustheid en hoe om jouself te leer ken.
6 Wat omtrent jou verhouding met Frederik is vir jou kosbaar?
Wat vir my kosbaar is van Frederik, is dat hy my 'n veilige plek gee om myself te wees. Hy ondersteun my drome, selfs wanneer ek twyfel. By hom kan ek my waarheid praat sonder vrees. Ons groei saam, nie net as ouers nie, maar as mense.
7 Wat behels jou onderneming, Change for Everyone?
Change for Everyone is 'n organisasie wat ek en Frederik geskep het om mense te help om hulself beter te leer ken – nie wie die wêreld vir ons sê ons moet wees nie, maar ons eie innerlike waarheid. Dit behels Emosionele Bewustheid Workshops, asook talks en kursusse vir dwelm- en alkohol herstel, kennis van ons familie-nalatenskap en die verbetering van leervermoëns deur die primitive reflexes.
8. Wat is jou drome vir Change for Everyone?
My droom is om hierdie kennis bekostigbaar te maak vir elke mens – veral jong mense en in skole. Net soos wat ek gesoek het na iemand om vir my om te gee, sien ek jong mense vandag soek. Ek wil vir hulle wys: jy was nooit verlore nie. Jou waarde was nog altyd daar. As ons dit kan leer, verander alles.
Met my eie lewenspad wat ek gestap het en die kennis oor leervermoë wat ek nou het, weet ek ek kan vir baie 'n wonderlike geleentheid gee vir beter leervermoëns, kennis en wonderlike oefening.
My droom is ook om drop-in sentrums te skep waar mense kan kom saam leer en so deel word van 'n span waar hulle ander kan leer wat hulle self geleer het. Van emosionele ondersteuning tot groentetuine en sopkombuise tot werkswinkels vir talente soos haarkappery, houtwerk, klere ens. Om die wat nie weet hoe nie te wys: waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.
Meer oor Michelle
Michelle Schutte is ‘n Johannesburgse bestuursafrigter of executive coach wat op emosionele intelligensie, neuro-ontwikkeling, herstel van dwelm- en alkohol afhanklik heid en die verbetering van leervermoëns fokus. As deel van die IE Group help sy mense om doelbewus toestande te skep waarin hulle kan floreer - by die werk en in hul persoonlike lewe. Sy werk in Engels en Afrikaans – in persoon en aanlyn - en bied ook werkswinkels aan.
Michelle is die stigter van Change for Everyone.
Webwerf: https://www.mypocketcoachapp.com/ - klik op Coaches en rol af tot by Michelle
E-pos: michelletimeforchange@gmail.com
LinkedIn: Michelle Schutte
Foto van Michelle Schutte: verskaf
Ander foto’s: Pexels