Seksuele identiteit: ‘n keuse, of meer kompleks en divers?

Kies mense hul seksuele oriëntasie? Watter 4 fasette behels seksuele identiteit? Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg belig wetenskaplike navorsing wat epigenetika insluit, seksuele vloeibaarheid en die uitsluiting van gay, transgender, interseks en ander mense - onder meer in ‘n geloofskonteks.

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Marietjie en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas. Gebruik gerus oorfone wanneer jy luister.

 

In episode 145 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, bespreek pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg

  • wat pastorale narratiewe terapie behels

  • hoe wetenskaplike kennis rakende seksuele identiteit ons begrip van bybelse materiaal kan toelig

  • 4 fasette wat ons seksuele identiteit vorm:

biologiese geslag, seksuele oriëntasie, genderidentiteit en hoe ons uitdrukking gee aan hierdie fasette

  • biologiese geslag: man, vrou of interseks

  • wetgewing rakende interseks mense en ‘normaliserende’ chirurgie  

  • fasette van seksuele oriëntasie, insluitend biseksualiteit, panseksualiteit en aseksualiteit

  • die rol van epigenetika

  • genderidentiteit - of ons onsself as manlik of vroulik sien – en geslagsdisforie (gender dysphoria)

  • definisies van cisgender, transgender en transisie (gender reassignment)

  • voorbeelde van seksuele uitdrukking

  • die 4 fasette van seksuele identiteit en vloeibaarheid

  • uitsluiting van mense wat nie tot die sogenaamde norm konformeer nie  

  • die selfveragting, spanning, angs en skuld wat mense aan die kante van die samelewing beleef. 

In dié episode noem Marietjie die navorsers P. Vardy, prof. Michael Pepper, prof. Andrea Ganna en William Rice; ds. André Muller van die Reformerende Kerk/Reforming Church.

Rol af vir Marietjie se kontakdetail en inligting oor haar boeke, Gaygelowig: ingesluit in die gesprek en Gaygelowig 2: ouers en lewensmaats vertel.

Ontmoet Marietjie. Lees oor die pastorale terapeut, dosent en méns agter die kampvegter.

Marietjie bespreek 12 vrae wat die ouers van ‘n gay kind dikwels vra.

Hoe maak ouers vrede met hul gay kind seksuele oriëntasie? Marietjie gee wenke vir die pad.

Kontakdetail:

Dr. Marietjie van Loggerenberg is ‘n pastorale narratiewe terapeut van Pretoria. Sy het reeds 22 jaar lank ‘n privaatpraktyk in Pretoria en was 16 jaar lank dosent by Vista Universiteit: 082 324 3726 of marietjie.vl.za@gmail.com

Facebook: Marietjie van Loggerenberg

Telegram: Marietjie van Loggerenberg

Marietjie gee raad vir die ouers van ‘n gay kind, ook gelowiges, en omlyn 7 stappe na die aanvaarding van hul kind se seksuele oriëntasie.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Bestel Gaygelowig: ingesluit in die gesprek saamgestel deur dr. Marietjie van Loggerenberg (Bybelmedia) deur Marietjie te Whatsapp op 082 324 3726.

Bestel Gaygelowig 2: ouers en lewensmaats vertel saamgestel deur dr. Marietjie van Loggerenberg (Bybelmedia

Marietjie gesels oor hulp vir ouers wat gekonfronteer word met hul kind se gay of lesbiese identiteit.

Marietjie praat deernisvol oor die pad van genesing wat elkeen wat seksuele molestering ervaar het, kan stap.

Marietjie en haar man, Johan.

Marietjie verduidelik hoe die werk wat sy doen haar hart raak

Foto: Unsplash.

Hooffoto van Dr. Marietjie van Loggerenberg: Facebook. Ander foto: verskaf.

Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.

Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), die gratis AKESO hulplyn by 086 143 5787 bel (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.

 

Previous
Previous

Is dementia a disease of the brain - and not the soul?

Next
Next

How to help your animals deal with crime issues