Seksuele molestering: ‘n potensieel beperkende ervaring

Seksuele molestering en verkragting is algemener as wat ons dink en die oortreders is dikwels vertrouelinge. Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg praat deernisvol oor die gepaardgaande trauma, misplaaste skaamte en skuldgevoelens, en geheimhouding. Sy verduidelik hoe seksuele misbruik in narratiewe terapie benader word: jy kán jou beperkende identiteitsverhaal herskryf. Sensitiewe inhoud, vir volwasse luisteraars bedoel.

Dr. Marietjie van Loggerenberg

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Marietjie en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas. Gebruik gerus oorfone wanneer jy luister.

In episode 81 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, fokus Marietjie op

  • definisies van seksuele misbruik, verkragtig en seksuele molestering

  • die voorkoms van seksuele molestering

  • of oortreders ook vroue kan wees

  • die skokkend groot persentasie adolessente - seuns én meisies - wie se eerste seksuele ervaring gedwonge is

  • omstandighede waarin seksuele molestering dikwels plaasvind, soos skoolkinders se “kuiers”

  • die dryfvere agter verkragting

  • verkragting binne die huwelik

  • seksuele molestering en enkellopende vroue

  • die impak van seksuele molestering, onder meer onnodige skuldgevoelens en skaamte

  • hoe om met die religieuse diskoers van vergifnis om te gaan

  • die geloofstryd wat dikwels op seksuele misbruik volg

  • die wetlike aspekte wat betrokke is wanneer ‘n terapeut met seksuele molestering werk

  • Marietjie se drie wenke vir die voorkoming van seksuele molestering.

In dié episode noem Marietjie die volgende boeke:

“God, waarom lyk die wêreld so?” deur prof. Adrio König

“Ongekaart: ‘n bronboek met roetemerkers vir oorgange”, saamgestel deur Cas Wepener en Anandie Greyling, met bydraes deur verskeie kenners: https://eshop.bybelmedia.org.za/product/ongekaart/

Ontmoet Marietjie. Lees oor die pastorale terapeut, dosent en méns agter die kampvegter.

Marietjie bespreek 12 vrae wat die ouers van ‘n gay kind dikwels vra.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Marietjie belig die 4 fasette wat seksuele identiteit behels en praat oor bewusmaking en in- of uitsluiting.

Marietjie gee raad vir die ouers van ‘n gay kind, ook gelowiges, en omlyn 7 stappe na die aanvaarding van hul kind se seksuele oriëntasie.

Kontakdetail:

Dr. Marietjie van Loggerenberg is ‘n pastorale narratiewe terapeut van Pretoria. Sy het reeds 21 jaar lank ‘n privaatpraktyk in Pretoria en was 16 jaar lank dosent by Vista Universiteit: 082 324 3726 of marietjie.vl.za@gmail.com

Hoe maak ouers vrede met hul gay kind seksuele oriëntasie? Marietjie gee wenke vir die pad.

Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.

Marietjie gesels oor hulp vir ouers wat gekonfronteer word met hul kind se gay of lesbiese identiteit.

Marietjie verduidelik hoe die werk wat sy doen haar hart raak

Foto: Unsplash. Model gebruik.

Foto van Dr. Marietjie van Loggerenberg: verskaf

Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.

Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), die gratis AKESO hulplyn by 086 143 5787 bel (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.

Previous
Previous

The science of happiness: develop these key habits

Next
Next

Are YOU an empath?