Waarom jy die nuwe, kostedoeltreffende BrainWorking Recursive Therapy moet oorweeg

Kliniese sielkundige Rafiq Lockhat verduidelik hoe BrainWorking® Recursive Therapy vóór die veg- of vlugreaksie ingryp en met kwessies soos angs, fobieë, obsessief-kompulsiewe versteuring en posttraumatiese stressindroom klaarspeel. Is dit veilig, en is die uitkoms permanent?

Dit gebeur selde dat ’n nuwe vorm van psigoterapie “revolusionêr” genoem kan word, maar BrainWorking® Recursive Therapy is ’n goeie kandidaat vir dié beskrywing.

“Dis anders as enige bestaande terapie,” sê Rafiq Lockhat, Kaapse kliniese sielkundige en direkteur/stigter BWRT®. “BWRT® teiken die eerste fase van die brein se inligtingsverwerkings-proses en gryp in vóór die veg- of vlugreaksie wat toestande soos fobieë, algemene angssindroom of afhanklikhede kenmerk, vatplek kan kry.”


Toestande wat met BWRT® aangespreek word, sluit die volgende in:

  • depressie

  • obsessief-kompulsiewe versteuring

  • posttraumatiese stressindroom

  • werkstres

  • verhoudingskwessies

  • rou

  • die gevolge van moeilike geboortes

  • gewoontes en afhanklikhede

  • vrese

  • fobieë

  • seksuele molestering en verkragting

  • algemene angssindroom.


    “Die uitkoms verras ons keer op keer. Die terapie werk vinnig en doeltreffend, en probleme wat spesifiek behandel word, keer nie terug nie. Ek was aanvanklik skepties maar die resultate het my oortuig. Ek het die dieselfde reaksie by my kollegas opgemerk – ek het sedert 2014 sowat 1500 sielkundiges en 15 psigiaters in BWRT®-tegnieke opgelei.”


    Listen to Rafiq discussing the origin, advantages and uses of BWRT® with Mariette.

bwrt-is-kostedoeltreffend.jpg

Hoe minder terapiesessies, hoe laer die koste

Rafiq gesels eers oor sy kennismaking met die terapie voor hy verduidelik hoe BWRT® werk.
“Ek het reeds dertig jaar ’n private praktyk. Een probleem waarvoor ek jare lank ’n oplossing probeer kry het, is die tydrowendheid en hoë koste verbonde aan sielkundige terapie. Ek was van 1994 tot 2004 ’n dosent aan die Universiteit van WesKaapland, en my meestersgraadstudente het dikwels gesê: ‘Ons kry goeie opleiding, maar dit pla ons dat psigoterapie nie binne die bereik van alle inkomstegroepe is nie.’
“In 1999 het ek ’n kursus in EMDR (Eye Movement Desensitisation and Reprocessing) geloop. Dit het tydsgewys my sessies met traumagevalle met dertig tot vyftig persent ingekort. “Ek het ook hipnose aangeleer, en in 2010 op die webwerf www.hypnosense.uk van die Britse hipnoterapeut Terence Watts afgekom. Ek het sy hulpmiddels vir professionele hipnoterapeute met groot vrug gebruik.
In 2013 het Terence ’n aanlynkursus oor die sogenaamde Contentless Therapy bekend gestel. Ek het gedink dit klink weird, maar ingeskryf omdat ek respek vir sy werk gehad het. ‘Contentless Therapy’ was Terence se aanvanklike konsep van BWRT®. Ek het bitter min van die kursus begryp, en boonop het dit my gevestigde oortuigings omgedop. Sy aansprake het my geskok. Toe ek kapsie maak, het Terence net gesê: ‘Voltooi die kursus. Jy sal later verstaan.’
“Sy protokol vir die toepassing van die terapie was bra vaag. Ek is betrokke by ’n Kaapse kliniek waar van my pasiënte soms ’n tyd lank opgeneem word. Ek het besef ek sou in hierdie veilige omgewing die terapie kon uittoets met pasiënte wat bereid is om hul toestemming te gee.
“Die eerste geval was ’n pasiënt wat angsaanvalle gekry het. Ek het voorheen met haar hipnoterapie gedoen. Ná my eerste probeerslag met die vae protokol – net twintig minute – het sy gesê: ‘Iets in my brein voel anders. Die kwessie wat my gepla het, is weg.’ Ek het gesê dis onmoontlik, maar sy het volgehou.”


Rafiq span saam met Terence Watts, die brein agter BWRT®

rafiq-lockhat-and-terence-watts-create-bwrt-manual.jpg


Rafiq en Terence skep die BWRT®-handleiding in 2014

Foto verskaf

“Terence het nou my volle aandag gehad. Ek het gevra of ek die kursus kon herhaal – verkieslik gratis, want die wisselkoers was iets vreesliks! Ek was meer ontvanklik en sy benadering het begin sin maak, al het dit hemelsbreed van my bekende werkswyse verskil.

Did you know Terence Watts was a part time rock ‘n’ roller? Read about his career, thoughts on health and what he cherishes.


“Kort voor lank was ek so opgewonde dat ek aangebied het om Terence te help. Hy het die terapie spesifiek vir angsstoornisse ontwikkel, maar ek sou dit uittoets met pasiënte wat uiteenlopende probleme soos trauma, seksuele mishandeling en fobieë ervaar. Ek het onderneem om minstens 200 gevallestudies aan te teken.
“Dit het my agt maande geneem. Ek en Terence het elke aand ure lank ge-Skype. In September 2014 is ek Brittanje toe waar ons ’n handleiding vir die opleiding van terapeute saamgestel het.
“Terug in Suid-Afrika het ek by PsySSA (Psychological Society of SA) se jaarlikse kongres ’n lesing oor BWRT® gelewer. Die inhoud was vir my kollegas ook vreemd, maar hulle het ’n werkwinkel aangevra.”

“Die werkwinkel het nie goed afgeloop nie. Ek het onder meer te min tyd ingeruim om die tegnieke in te oefen, en het geen videomateriaal beskikbaar gehad nie. Sedertdien het ek geleer video’s van pasiënte wat instem om afgeneem te word, oortuig werkwinkelgangers van die sukses van die terapie.
“Later het ek die eerste werkwinkelgangers weer opgelei – dié keer gratis – en sedertdien bied ek landwyd werkwinkels vir sielkundiges, psigiaters en geregistreerde beraders aan. Die sielkundiges wat in die weermag en in Korrektiewe Dienste werk, het reeds opleiding ontvang, en ek is besig met die sielkundiges betrokke by die SAPD. Die reaksie bly besonder positief; die mense wat BWRT®-opleiding ontvang, behaal groot sukses met die toepassing daarvan .
“In 2016 het ons die eerste Internasionale BWRT®-kongres in Brittanje gehou. Die meerderheid lesings is deur Suid-Afrikaners aangebied.”

Counselling psychologist Doreen Hofmeyr explains how BWRT Level 3 targets chronic illnesses, autoimmune diseases, and chronic pain.

Read how phobias can be successfully treated using BWRT.

Clinical psychologist Mark Eaton offers sensible advice on solving insomnia and other sleep problems using BWRT®.

How can BWRT® be used to address anxiety in young children, teenagers and adults? Clinical social worker Morag Scordilis tells us here.

bwrt-het-n-spesifieke-protokol.jpg

Hoe werk BWRT®?

Leidraad: Dink aan die reptielbrein

“Die doel van sielkundige terapie is om pasiënte beter te laat voel, beter te laat funksioneer en probleemkwessies op te los. In Suid-Afrika kom ons baie voorvalle teë van post-traumatiese stressindroom, angs, depressie, fobieë, die gevolge van seksuele molestering of verkragting, mense wat die verlies van ’n geliefde moet verwerk, of ma’s wat moeilike geboortes ervaar het en angsbevange is wanneer hulle weer swanger word, en so meer.
“Neem die voorbeeld van mense met ’n fobie vir honde. Hulle kan nie die kinders park toe neem, gaan draf, of sommer net by vriende met honde opdaag nie. Hulle dink heeltyd: wat gaan gebeur as ek ’n hond teëkom? Hoe kan ek dit voorkom? Hulle weet hul ekstreme reaksie op honde is onlogies, maar hulle kan dit nie beheer nie. Dis deel van die bedrading in hul brein.
“Tot nou toe was psigoterapie hoofsaaklik daarop gemik om die effek van ’n fobie of ander toestand te help bestuur. Iemand wat angsaanvalle kry, het tegnieke aangeleer om hulself te kalmeer. Terapie kon help om sekere toestande te bestuur, maar nie om die probleem op te los nie – dink maar aan die term ‘anger management’.
“BWRT® is in pas met die jongste neurowetenskaplike ontwikkelings. Dit stel die inligtingsverwerkingsproses in die brein – asook die onbewuste - in ’n nuwe lig. Die proses is geïnspireer deur die werk van die navorser Benjamin Libet, wat bevind het daar is ’n tydsverloop tussen die oomblik wanneer die brein op ’n stimulus begin reageer en die oomblik wanneer ons van dié reaksie bewus word.”

Voorligtingsielkundige Heinrich Benjamin verduidelik hoe vinnig en doeltreffend BWRT® post-traumatiese stressindroom of PTSD kan verlig.

Heinrich Benjamin tells us how to recognise PTSD and how BWRT® can provide fast, cost-effective relief - the English counterpart of the Afrikaans episode mentioned above.


How do you know if a child who has lost a loved one requires professional help - and what role can BrainWorking® Recursive Therapy play?

Rafiq Lockhat explains the grieving process, complicated grief, en how BWRT can relieve excruciating pain.

honde-fobie.jpg

As jy byvoorbeeld ‘n hondefobie het

Foto: Unsplash

“Gestel jy het ’n hondefobie. Sodra jy ’n hond sien, reageer jou reptielbrein met die veg- of vlugreaksie. Hoewel die reaksie plaasvind, is jy nog nie daarvan bewus nie. Jy word eers sowat een derde van ’n sekonde later daarvan bewus, sodra die aanvanklike neurologiese impuls vyftig meter ver in jou brein gereis het - van die reptiel- na die neo-Mammalian-gedeelte van die brein.
“Hieruit word dit duidelik dat patrone wat deur die jare in ons reptielbrein vastrapplek gekry het, soos ’n veg- of vlugreaksie wanneer ons ’n hond sien, buite ons beheer val. Ons besluit nie om so te reageer nie; die reaksie oorval ons.
“Terence – wat, terloops, as rekenaaringenieur gehelp het om die eertydse Commodore-rekenaar te ontwerp – het ’n manier gekry om in daardie gaping van ’n derde sekonde in te gryp. BWRT® stuit die gewoonte-reaksie in die reptielbrein. Dit verwyder die emosionele lading wat daaraan gekoppel is, en skep nuwe neuropaadjies met die gewenste emosionele reaksie op die stimulus. Die proses duur nie lank nie en die verandering skop onmiddellik in. Die nuwe reaksie op die stimulus is boonop permanent.”
Presies hoe BWRT®-praktisyns hierdie ingreep fasiliteer, wil Rafiq nie verklap nie. “Dis uiters belangrik dat die proses korrek en verantwoordelik uitgevoer word. Daar is ’n streng protokol wat maksimum doeltreffendheid en volkome veiligheid verseker.
“Die toepassingsmoontlikhede van BWRT® brei voortdurend uit. By die Terence Watts BWRT® Institute in Engeland is Terence (80) steeds toegespits op sy ontwikkelingswerk. Van my plaaslike kollegas kry gedurig vars maniere om dié terapie aan te wend.
“Ek het nooit gedink dit sou in ’n groepsopset kon werk nie, maar dit word suksesvol gebruik in steungroepe vir vroue wat seksueel mishandel is, asook in skole om eksamenvrees te tem. Een kollega span BWRT® in om mense wat intellektueel gestrem is, van trauma te genees. Ek is oortuig daarvan dat hierdie kwantumsprong in geestesgesondheid gaan aanhou om die mensdom te verras.”

Psychologist Hannelie Spies explains how young adults with ADHD can benefit from BrainWorking® Recursive Therapy and coaching to improve Executive Functioning.

BWRT® can play a crucial role in managing bipolar disorder. Clinical psychologist Dr. Elisa Mecco tells us how.

Meer inligting:

BWRT®-sessies word suksesvol aanlyn aangebied.

Kyk gerus na die kort animasievideo oor BWRT® deur “Youtube BWRT in 2” te google.


By bwrtsa.co.za kan jy ‘n BWRT®-praktisyn in jou omgewing vind deur op “Find a practitioner” te klik; besoek ook http://www.bwrt.org/ of Facebook: BrainWorking Recursive Therapy SA

Rafiq Lockhat:

Rafiq is ‘n kliniese sielkundige van Kaapstad en direkteur/stigter van BWRT® Suid-Afrika. Besoek gerus http://www.rafiqlockhat.com/

Hierdie artikel is oorspronklik gepubliseer in rooi rose en op www.rooirose.co.za


Foto’s: Pexels, tensy anders aangedui.

Previous
Previous

Leef vol lewenslus - uitdagings ten spyt

Next
Next

Is jou kind net moeilik, of is die oorsaak “Oppositional Defiant Disorder”?