Alzheimersiekte: maniere om die risiko te verminder
Lei veroudering en siekte noodwendig tot kognitiewe inperking? Nee, sê dr. Rayne Stroebel. Hy bespreek oorsake van Alzheimersiekte - wat onverwerkte trauma kan insluit, die rol van oorerflikheid, moontlike simptome en die versorging van mense met dié siekte. Rayne verduidelik hoe om breingesondheid te bevorder en watter praktiese leefstylveranderinge demensie kan help voorkom. Hierdie artikel het in die Maart 2024-uitgawe van ‘rooi rose’ verskyn.
Philip Liebenberg: ouer word, identiteitsvorming, afhanklikheid en begeerlikheid
Verliese gekoppel aan ouer word - byvoorbeeld van liggaamskrag, ‘n jeugdige voorkoms, verhoudings, onafhanklikheid en werkstatus & -relevansie - dwing ons om ons identiteit aan te pas. Skrywer, spreker en spirituele begeleier Philip Liebenberg gesels oor kopskuiwe wat dit makliker kan maak, hoe om liggaamlikheid van binne te beleef, en hoe om steeds begeerlik te voel.
Julian Jansen: ‘n bietjie 60 wees, innige liefde en aftree of nie
Joernalis Julian Jansen praat openhartig oor die lewe ná 60 – ‘n ander werksritme, ‘n nuwe benadering teenoor toksiese mense en Cecelia Jacobs, die “nommerpas vrou.” Hy gesels oor sy 3 grootste persoonlike traumas, hoe om ‘n konstruk van lewensuitdagings in groei en persoonlike geluk te omskep, en die wens om jou kinders in jou hande te hou.
Philip Liebenberg: verhuising, verwondering, teleurstellings en ouer word
Hanteer jy verandering goed? Wat van onvoorspelbaarheid, ontnugtering en ouer word? Skrywer, spreker en spirituele begeleier Philip Liebenberg praat oor verskillende soorte verandering, denkskuiwe wat dit vergemaklik, diere en dekor, soepelheid, vrede en aanvaarding.
Johan Allers: stories & prentjies, ouer word en ‘die saligmaker’
Nuusman Johan Allers gesels oor jeugdige naïwiteit, die Groot Storie waaraan hy soveel lewensenergie gewy het, sy werk in 54 lande en die ervaring van “inmekaarstort, uitbrand en byna selfvernietig.” Hy praat oor die skok van ouer word en die fragiliteit van menswees - en wat dit beteken om saggies te loop.
Dr. Johan Myburg: singewing en grensverskuiwende denke oor ouer word
Is alle mense bo 65 één ouderdom: oud? Behels ouer word die een verlies op die ander, of is dit ‘n terrein wat ons vars kan verken? Dr. Johan Myburg praat oor vooropgestelde idees, hoe om jou beeld van jouself en jou werklikheid oop-oog te benader, sinvolle gesprekke en “aanhou beweeg en geraas maak.” Inhoud geborg.