My kind is gay: 12 vrae wat ouers vra

Wanneer jy hoor jou dogter is lesbies of jou seun is gay, het jy sinvolle inligting en advies nodig. Dr. Marietjie van Loggerenberg, pastorale narratiewe terapeut, bespreek navorsing oor die oorsake van homoseksualiteit, wanopvattings, die vrees vir verwerping, opbouende kommunikasie, en die geloofstryd wat gelowige ouers (en hul gay kind) kan beleef.

Sensitiewe inhoud: bespreking van onder meer seksuele oriëntasie. Dié gesprek is vir volwassenes bedoel.

Dr. Marietjie van Loggerenberg

Dr. Marietjie van Loggerenberg

As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Marietjie en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas. Gebruik gerus oorfone wanneer jy luister.

In episode 39 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat Marietjie oor

  • wat dit beteken as my kind gay of homoseksueel is

  • wat veroorsaak dat iemand gay is

  •  of daar ‘n sogenaamde gay geen is en watter rol epigenetika speel

  • op watter ouderdom gay kinders van hul seksuele oriëntasie bewus raak

  • met wie iemand wat besef dat hy of sy gay is gewoonlik eerste daaroor praat

  • wat om te doen as ek vermoed my kind is gay, maar te bang is om te vra

  • maniere waarop ‘n gay kind of volwassene kan uitkom

  • of my kind se seksuele oriëntasie dalk net ‘n verbygaande fase is

  • of ek as ouer vir familielede en vriende kan vertel my kind is gay

  • wat om te doen as bekendes of die samelewing my of my kind verwerp

  • my kommer dat God my kind sal verwerp weens sy of haar seksuele oriëntasie

  •  Marietjie se 3 beste wenke oor kinderopvoeding.

Ontmoet Marietjie. Lees oor die pastorale terapeut, dosent en méns agter die kampvegter.

Marietjie belig die 4 fasette wat seksuele identiteit behels en praat oor bewusmaking en in- of uitsluiting.

Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!

Marietjie gee raad vir die ouers van ‘n gay kind, ook gelowiges, en omlyn 7 stappe na die aanvaarding van hul kind se seksuele oriëntasie.

Marietjie praat deernisvol oor die pad van genesing wat elkeen wat seksuele molestering ervaar het, kan stap.

Kontakdetail:

Dr. Marietjie van Loggerenberg, pastorale narratiewe terapeut en dosent met ‘n privaatpraktyk in Pretoria: 082 324 3726 of marietjie.vl.za@gmail.com

Marietjie is die samesteller van “GayGelowig: ingesluit in die gesprek” en “Gaygelowig 2: ouers en lewensmaats vertel”, uitgegee deur Bybelmedia. Whatsapp Marietjie op 082 324 3726 vir bestellings (die boeke is in hierdie stadium nog nie op Takealot beskikbaar nie).

 

Hoe maak ouers vrede met hul gay kind seksuele oriëntasie? Marietjie gee wenke vir die pad.

Die gratis podsendingsreeks Calm, Clear & Helpful is op iTunes, Spotify, Player FM and Iono.fm beskikbaar.

Marietjie gesels oor hulp vir ouers wat gekonfronteer word met hul kind se gay of lesbiese identiteit.

Musiek deur Mart-Marie Snyman

Foto: Pexels

Foto van Dr. Marietjie van Loggerenberg: verskaf

Let wel: Hierdie podsending is slegs vir opvoedkundige doeleindes bedoel en moet nooit ‘n plaasvervanger wees vir professionele evaluering of bespreking nie.

Mense met selfdoodgedagtes moet onverwyld die gratis SADAG hulplyn by 0800 567 567 bel (24 uur per dag beskikbaar), ‘n SMS stuur aan 31393 (24 uur per dag beskikbaar), die gratis AKESO hulplyn by 086 143 5787 bel (24 uur per dag beskikbaar), of ‘n gekwalifiseerde persoon met toepaslike mediese opleiding kontak.

Previous
Previous

Cancer and other illnesses: 6 ways to optimise your healing journey

Next
Next

The impact of trauma and chronic stress on the body