Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman

Dr. Johan Myburg: singewing en grensverskuiwende denke oor ouer word

Is alle mense bo 65 één ouderdom: oud? Behels ouer word die een verlies op die ander, of is dit ‘n terrein wat ons vars kan verken? Dr. Johan Myburg praat oor vooropgestelde idees, hoe om jou beeld van jouself en jou werklikheid oop-oog te benader, sinvolle gesprekke en “aanhou beweeg en geraas maak.” Inhoud geborg.

Read More
Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman

Só kan jy meer kreatief leef

Kan dit wees dat élkeen van ons kreatief is en ons skeppendheid deur speelsheid kan herontdek? RSG-programbestuurder en kreatiwiteitsafrigter Kobus Burger verduidelik hoe om struikelblokke in ons pad te systap, vergete drome te herwin, en op moontlikheidsdenke te fokus. Hy gee praktiese wenke om kreatiwiteit maklik en vinnig in ons lewens in te sluit.

Read More
Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman

Wabi-Sabi en hoe om ’n pandemie emosioneel te oorleef

Tydens grendeltyd het die digter Carina van der Walt, ver van haar land en mense, die “skoonheid van verval” ontdek. Dié manier van kyk, vergestalt in die Japannese lewenshouding Wabi Sabi, het haar aangespoor om foto’s te neem van die eenvoudige gawes van haar tuin en kombuis en om dit vars te interpreteer. Carina deel haar insigte én vertel van ’n tweede liefde, tuine, blomsimboliek, en die betekenis van kruie en vrugte wat in ’n bak op ’n kombuistafel verdroog. Inhoud geborg.

Read More
Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman

Jou onbewuste kan keer dat jy gewig verloor

Hoewel die persepsie dat maer wees gelyk is aan mooi wees toenemend vervaag, bly gewigsverlies om gesondheids- en ander redes vir baie mense belangrik. Opvoedkundige sielkundige Karin Bronkhorst praat oor die verband tussen emosies en eetpatrone, wanneer ‘n gebrek aan selfbeheersing geen rol speel nie, wat hipnoterapie behels en hoe die behandeling van kwessies soos trauma tot gesonder gedragspatrone kan lei.

Read More
Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman Challenge yourself, Emotional health Mariette Snyman

Só kan jy in moeilike omstandighede floreer

Een ding staan vas: niks bly soos dit is nie – veral wanneer ‘n pandemie die wêreld tref. Baie van ons moes emosionele, finansiële, gesondheidsverwante of ander terugslae die hoof bied en probeer steeds ons balans herwin. Wat bepaal of ons weer opstaan, of bly lê? Ilse Salzwedel gesels oor Floreer, ‘n praktiese gids met aangrypende verhale en duidelike riglyne oor hoe om ‘n betroubare hulpbron te ontwikkel: veerkragtigheid.

Read More
Emotional health Mariette Snyman Emotional health Mariette Snyman

Kan die positiewe sielkunde jou lewenskwaliteit verhoog?

Wat is die positiewe sielkunde, en watter voordeel kan jy daaruit trek? Dr. Wilmien Human, kliniese sielkundige en senior dosent, praat oor praktiese maniere om algaande gelukkiger te leef. Navorsingsresultate wys dat hulpmiddels soos ‘n dankbaarheidsjoernaal op die lang duur stres kan verminder en ons fisieke gesondheid, immuunstelsel, verhoudings en vlak van tevredenheid ‘n hupstoot kan gee.

Read More
Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman Emotional health, Challenge yourself Mariette Snyman

Neuroterapie: opleiding vir jou brein

Brain Harmonics is ‘n vorm van EEG-bioterugvoer wat jou brein leer om die mees toepaslike breingolwe te vervaardig. Dit kan volwassenes én kinders help om ongewensde toestande te verlig, prestasie te verbeter, slegte gewoontes af te skud en lewensgehalte te verhoog. Hoe werk neuroterapie? Hoekom het ons dit nodig? Is dit veilig?

Read More
Challenge yourself Mariette Snyman Challenge yourself Mariette Snyman

Maak kreatiwiteit só deel van jou lewe

Ons fokus dikwels eerder op ons uitkomsgerigte linkerbreinkant, wat alles wat ons doen evalueer pleks van op ons intuïtiewe regterbreinkant, wat nie omgee of iets reg of verkeerd is nie. Voorligtingsielkundige Eleen Polson verduidelik hoe jy jou skeppende self deur klank, beweging of proseskuns kan stimuleer.

Read More